Die blare van die boom bring genesing vir die nasies – Openbaring 22:1-5

NGK Somerstrand 22 Mei 2022 09:00 | Kerk en Youtube

Verwelkoming

Aankondigings

Die kerkraad het verlede jaar vier prioriteite geïdentifiseer.

  1. Ons wil weer momentum bou na die inperking van Covid-19. Ons dink aan ‘n basaar in September-Oktober wat ‘n R100 000 inspuiting vir ons geloofsgemeenskap kan wees.
  2. Ons wil ons erediensbywoning verbeter om weer ‘n sentrale deel van ons geloofsgemeenskap te wees. Ons wil ook al hoe meer groepe akkommodeer. Daarom werk ons aan ‘n “blended worship” met meer as een musiekstyl.
  3. Ons wil fokus op ons jeug en jongmense. Daarom het ons gekies vir ‘n jong senior leraar, Vian, wat bewese ervaring het om ‘n hele gemeente te lei, maar wat veral die onder veertigs in die hoofstroom van die gemeente kan kry.
  4. Ons wil fokus op geestelike groei. Ons kleingroepe het gestagneer in die Covid-19 tyd. Die fokus op die beloftes en leesplanne via Whatsapp en Bybelskool bereik wel ‘n 2 500 mense, en dit is wonderlik, maar ons het nodig om weer in mekaar se geselskap te kom. Ons dink aan Alpha en ‘n fisiese Bybelskool. Miskien is daar ook ander idees of behoeftes. Ons sal graag luister daarna.

Pinkster – nog sop en brood nodig

Hemelvaart – 18:30 Donderdag (more…)

Continue ReadingDie blare van die boom bring genesing vir die nasies – Openbaring 22:1-5

Ons gebede maak saak – Openbaring 5

Familiediens 1 Mei 2022 NGK Somerstrand | Youtube en kerk 09:00

Verwelkoming

Baie welkom aan Vian en Natania du Plessis en hulle tweeling Josh en Joah. Hulle bly in Bulbringweg 44.

Ons sien uit na hierdie Saterdag 7 Mei se bevestiging 15:30 hier in die kerk en die verwelkoming 16:30 daarna in die Ark (RSVP Marlein van Deemter vir die sop en sjerrie – 083 270 4853). Julle is welkom om nog drinkgoed en glase te bring om verder te kuier.

Volgende Sondag 8 Mei 09:00 is Vian se intreepreek. Die aand ontmoet hy 17:00 ook die tieners en hulle ouers. Hy speel 16:30 volleybal saam met die tieners.

Aankondigings

Ek het twee navrae gekry.

  • Die een is oor die Bybelskool. Of ek dit in die gemeente gaan hervat.
  • Die ander is oor ‘n aanlyn Bybelstudie groep. Wat dieper kan ingaan in die Bybel en spesifieke Bybel- en lewensvrae kan bespreek.

Sal graag wil hoor hoe julle dink. Of daar belangstelling is daarvoor. In die gemeente, bv weer op Woensdae. En/of aanlyn, bv op zoom. Die dag en tyd kan ons dan bepaal na gelang van die belangstelling.

Onthou ook my boek oor Openbaring wat jy gerus gratis kan aflaai om die hele Openbaring deur te werk. Ek hanteer die volgende paar weke al die beloftes in die boek.d

Die beloftes gaan voort. Ons is by dag 160 van 365. So, as jy nou inskakel, is daar nog 205 beloftes om vir jouself toe te eien. (more…)

Continue ReadingOns gebede maak saak – Openbaring 5

Jesus kom met die wolke en elke oog sal Hom sien – Openbaring 1

NGK Somerstrand 24 April 2022 | Kerk en Youtube 09:00

Verwelkoming

Aankondigings

Ek gaan vir die volgende paar weke by Skrifgedeeltes uit die boek Openbaring stilstaan. Vandag, 24 April, 1 Mei en weer die 22ste Mei. Tussen-in preek ons nuwe leraar, ds Vian du Plessis, met sy intreepreek die 8ste Mei, en ook die 15de Mei. Hy gaan ook die Pinkster behartig wat die 29ste Mei begin.

Ek gaan met die 365 beloftes op Bybelskool.com en WhatsApp ‘n hele aantal beloftes deur Openbaring gebruik. Dit gaan jou baie help om die boek Openbaring uit die hoek van die beloftes daarin deur te werk. Jy kan ook die boek aflaai wat ek daaroor geskrywe het. Hier is die skakel: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf (more…)

Continue ReadingJesus kom met die wolke en elke oog sal Hom sien – Openbaring 1

God is goed, vir ewig duur sy troue liefde – Psalm 118

NGK Somerstrand 17 April 2022 | Paassondag | Kerk en Youtube 09:00

Ek fokus in hierdie erediens op Psalm 118. Dit is ‘n Psalm wat in die woorde van ‘n oud-koning van Israel nie net die Here vir sy oorwinning prys nie, maar wat Messiaanse kenmerke het, en veral in die laaste deel van die Psalm praat oor die klip wat die bouers afgekeur het, maar toe die hoeksteen geword het. Uit die NT weet ons dat dit in Jesus vervul is, soos bv 1 Petrus 2 daaroor skryf. Met sy kruisdood en opstanding het Hy wat soos ‘n klip deur die Joodse bouers afgekeur is – dws aan die kruis gespyker is – die hoeksteen van die gebou van God geword deur sy opstanding uit die dood sowel as sy hemelvaart. Die Psalm onderstreep dat God goed is, dat sy troue liefde vir ewig duur, en dat ons van Hom kan verwag dat Hy altyd só sal wees. Die Psalm herinner ons ook aan die voorreg om deur lofprysing en danksegging ‘n getuienis af te lê van wie God ook vir ander kan wees. Aan sy troue liefde is daar geen einde nie, voorwaar! (more…)

Continue ReadingGod is goed, vir ewig duur sy troue liefde – Psalm 118

God dink glad nie meer aan ons sondes en wettelose dade nie – Hebreërs 10:15-31

NGK Somerstrand 15 April 2022 | Goeie Vrydag | Kerk en Youtube 09:00

Ons het verlede Sondag gefokus op die sewe kruiswoorde van Jesus op Goeie Vrydag. Ons het kennis geneem van wat op aarde gebeur het. Jesus het sy vyande vergewe. Hy het die misdadiger saam met Hom die ewige lewe ingeneem. Hy het vir sy ma gesorg deur haar ‘n tuiste by Johannes te gee. Hy het die donkerte vir ons getrotseer totdat Hy kon uitroep: “Dit is volbring!” En sy gees in die hand van sy Vader kon gee. Maar, dit is nie al wat op Goeie Vrydag gebeur het nie. Die aardse kant was maar een deel van die werk wat Jesus dié dag gedoen het. Die Hebreërskrywer lig vir ons in hoofstuk 9-10 die gordyn op die hemelse werk wat Jesus gedoen het. In God se hemelse heiligdom. Die skeiding tussen ons en God is daardeur weggeneem. En twee groot beloftes van God tree daarmee vir ons in werking. Vergifnis en Heiligmaking. Dit gee ons groot vrymoedigheid voor God en in gemeenskap met mekaar!

(more…)

Continue ReadingGod dink glad nie meer aan ons sondes en wettelose dade nie – Hebreërs 10:15-31

Sewe kruiswoorde: Beleef Jesus se laaste ses uur met Woord en gebed, musiek en sang

Sewe kruiswoorde: Beleef Jesus se laaste ses uur met Woord en gebed, musiek en sang

NGK Somerstrand 10 April 2022 – kerk en Youtube 09:00

Ek fokus in hierdie erediens op die sewe kruiswoorde van Jesus. Ek gaan die verhaal van die kruisiging vertel, afgewissel met musiek en die sewe kruiswoorde met genoeg tyd om oor die betekenis daarvan na te dink. Tussendeur gaan ons ook opeenvolgend die verse van Vonkk 194 sing wat op kosbare wyse die verhaal van die kruisiging vertel. (more…)

Continue ReadingSewe kruiswoorde: Beleef Jesus se laaste ses uur met Woord en gebed, musiek en sang

God gee moed vir die stryd deur sigbare tekens – Josua 5:1-15

NGK Somerstrand 27 Maart 2022 | Kerk en Youtube 09:00

Ek fokus vandag op drie sigbare tekens wat God vir die volk in Josua se tyd gegee het om hulle te bemoedig vir die stryd om die beloofde land in te neem – die besnydenis, die paasmaaltyd, en die bevelvoerder van die Here. Watter sigbare tekens gee die Here vandag vir ons om moed te hou vir ons eie geloofstryd?

Youtube (more…)

Continue ReadingGod gee moed vir die stryd deur sigbare tekens – Josua 5:1-15

Jesus soek die vrugte van bekering by jou – Lukas 13:1-9

NGK Somerstrand 20 Maart 2022 – Kerk en Youtube 09:00

Musiek vooraf

  1. Lied 215 Besing die lof van Jesus saam.
  2. Vonkk 277 U is die lig wat deur die donker skyn.

Verwelkoming

Aankondigings

Ons nuwe leraar Vian, sy vrou Natania en hulle tweeling, Josh en Joah, kom die naweek van 22-24 April in die Baai aan. Ons wil kos vir hulle voorsien daardie eerste twee weke tot Vian die naweek van 6-8 Mei bevestig word. Dit is sommer ‘n geleentheid om hulle te leer ken. As jy wil help, skakel met Chris dat hy jou op die rooster kan insluit. Die opgewondenheid begin oplaai! Dankie ook aan Elsje Nelson. Ons is besig om ‘n huurkontrak op te stel vir haar eiendom, 44 Bulbringstraat, Somerstrand.

Orreluitvoering Woensdag 23 Maart om 18:00 hier in ons kerk deur die Pretoriase orrelis, Andrea Mites. Toegang R40.

Die liedere se woorde is op die blaadjie.

Baie welkom aan Johann en Carolina Muller van Jeffreysbaai wat by ons ingeskakel het. (more…)

Continue ReadingJesus soek die vrugte van bekering by jou – Lukas 13:1-9

Julle moet my teenwoordigheid opsoek! – Psalm 27

NGK Somerstrand 09:00 13 Maart 2022 – kerk en Youtube video

Verwelkoming

Baie welkom by ons erediens. Mag die Here jou innerlik versterk deur hierdie geloofsgemeenskap sodat jy uiterlik sterk kan staan in hierdie lewe as ‘n getuie van die Here se teenwoordigheid in jou lewe.

Aankondigings

Ds Vian du Plessis van Walvisbaai Moedergemeente het die beroep na Somerstrand gemeente aanvaar. Hy en sy vrou, Natania, en hulle tweeling Josh en Joah, beplan om die laaste week in April in die Baai aan te kom. Diensaanvaarding is vanaf 1 Mei. Verwelkoming en bevestiging is Saterdag 7 Mei. Intreepreek 8 Mei. Vian is druk besig met die afronding van sy bediening in Namibië, en sien baie uit daarna om die bediening by ons voort te sit.

Die kerkraad gaan vir hulle verblyf huur tot die pastorie beskikbaar is. Ons vra dat julle saam met ons soek vir geskikte verblyf. Julle kan direk met my skakel (0825749191).

Baie welkom aan die volgende lidmate wat hierdie jaar by ons ingeskakel het:

  • Johannes, Mari-San en Marli Bodenstein van Albanie
  • Michael en Shanie Vermaak van Jeffreysbaai

(more…)

Continue ReadingJulle moet my teenwoordigheid opsoek! – Psalm 27