Die spieël en die sluier – 2 Korintiërs 3:18
NGK Somerstrand | 27 Februarie 2022 09:00 | Kerk en Youtube (more…)
NGK Somerstrand | 27 Februarie 2022 09:00 | Kerk en Youtube (more…)
NGK Somerstrand 20 Februarie 2022 09:00 in die kerk en lewendig op Youtube (more…)
Somerstrand 13 Februarie 09:00 in die kerk en lewendig uitgesaai op Youtube (more…)
Somerstrand 09:00 Youtube live en in die kerk 6 Februarie 2022
Musiek vooraf
Lied 417 Jesus, ons eer U, opgestane Heer
Lied 421 Die Here Jesus lewe!
Verwelkoming
Aankondigings
Ons soek steeds terugvoer oor die veranderinge in die Familiediens om meer ouderdomsgroepe te akkommodeer. (more…)
Die profeet Jeremia worstel in sy boek met sy roeping om vernietiging en oordeel oor die volk Juda en hulle leiers aan te kondig. Sy boodskap is dat die volk God vergeet het en geweier het om Hom te erken. Hulle is so nutteloos in die verhouding met God soos ’n verslete gordel om sy lyf.
Daarom is die Here hulle nie meer goedgesind nie en het Hy geen medelye meer met hulle nie. En al breek dit Jeremia se hart, verkondig hy dat soos ’n kleipot gebreek word, sal die Here hierdie volk en hierdie stad breek. Die ballingskap in Babel is hulle straf. Die Here gaan hulle nie spaar nie en hulle deur hulle vyande laat wegvoer.
Ironies genoeg is die ballingskap egter ook hulle redding. As deel van Jeremia se roeping om ook op te bou en te vestig, beskryf hy daarom die weggevoerde ballinge as ’n mandjie goeie vye en in ’n brief verkondig hy die Here se goeie guns aan hulle:
“Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting. Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor.” (Jer 29:11-12).
Dié hoop kry nog groter betekenis in ’n grondkooptransaksie wat Jeremia aangaan in Anatot waarmee die Here ’n belofte aan die volk maak dat ná sewentig jaar van ballingskap daar weer huise, grond en wingerde in Juda gekoop sal word. Die Here belowe om ’n nuwe verbond met hulle te sluit waarin sy woord op hulle harte geskryf en in hulle gedagtes vasgelê sal wees. Almal sal Hom ken, klein en groot.
En dit is presies wat uiteindelik gebeur. Ná sewentig jaar bid Daniël dat die Here die belofte aan die volk sal vervul. En die volk word die geleentheid gegun om terug te gaan na hulle eie land.
Waar het dit alles begin? (more…)
Psalm 96 – God oordeel regverdig en billik
25 Desember NGK Somerstrand 09:00 – kerk en Youtube (more…)
NGK Somerstrand 19 Desember 09:00 net op Youtube
Verwelkoming
Dit is die vierde Advent, die Sondag van liefde. Ons steek vandag die vierde Adventskers aan. En in die prediking gaan ek aandag gee aan die ware geluk wat liefde bring. Uit die verhaal van Maria en Elisabet in Lukas 1 waar Elisabet Maria gelukkig noem, omdat sy geglo het dat die Here sy beloftes aan haar sal vervul. (more…)