Markus 9:14-29 – Hoe lank gebeur dit al met Hom?

Ons wil behoort en van betekenis wees

PP-luisterOns het almal twee sterk en baie algemene menslike behoeftes.  Ons wil êrens behoort en ons wil iemand van betekenis wees.  Ons wil inpas in ‘n netwerk van verhoudinge en iets in daardie netwerk beteken. Ons het dus mense nodig wat ons aanvaar soos ons is. En ons het mense nodig vir wie ons belangrik is, in wie se lewe ons ‘n rol kan speel – en omgekeerd.

Dit is waarskynlik die kern van die probleem van ons land – dat mense, weens ons geskiedenis sowel as weens die vooroordele wat ons teenoor mekaar het, sukkel om te behoort, en om van betekenis te wees.  Ons sukkel om ‘n gemeenskaplike identiteit te ontwikkel.  Ons sukkel om ‘n ruimte te skep dat mense voel hulle hoort by mekaar, en dat hulle bydrae van betekenis geag word, van watter kant van die spektrum hulle ook al af kom.

Dit is nie anders in die kerk van die Here Jesus Christus nie.  Ons wil aan ‘n geloofsgemeenskap behoort en ons wil iemand van betekenis in daardie gemeenskap wees.  Ons wil saam die Here aanbid en saam die Here dien. Om dit op jou eie te doen, is moontlik, maar altyd ‘n bietjie van ‘n alleenpad.

Dit is immers waarom ons vandag hier in die erediens is.  Ons is hier omdat ons voel ons hoort hier, of ten minste dat ons soek daarna om hier te behoort.  En ons wil van betekenis wees hier, die idee kry dat ons gawes en ons talente en ons bydrae ‘n verskil maak.

Hier volg die hele erediens: Afrikaans (Word)English (Word);  PowerPoint …

(more…)

Continue ReadingMarkus 9:14-29 – Hoe lank gebeur dit al met Hom?

Lukas 6:6-11 – Jesus en die man met die gebreklike hand

RespekteerVooroordele wurg tans ons gemeenskap tot stilstand.  Dit is my oortuiging as ek oor die gebeure van die afgelope tyd reflekteer.  Mense skiet mekaar af op grond van vooroordele wat hulle oor ander het.  Dit is veral sigbaar op die sosiale media, en nie net in die direkte woorde wat mense gebruik nie, maar ook in die insinuasies en onderliggende aannames oor ander.

Die impak daarvan is groot – bedoeld of onbedoeld, verdiend of onverdiend.  ‘n Hele paar mense het al hul werk verloor, ander moes hulle huise verlaat, kinders lei daaronder, klagtes is oor en weer gelê, en daar is ‘n oorvloed van artikels wat geskryf word om veral die rassistiese ondertone van baie van die sosiale kommentaar uit te lig en te verklaar.

Ons het regtig ‘n uitkoms uit hierdie onverkwiklike vertekening van mekaar en die duidelike impasse in die versoeningsproses in ons land nodig.  Ons vooroordele oor mekaar moet afgebreek word, anders sal ons land in vlamme opgaan.

En dit is nie net daarbuite in die gemeenskap waar vooroordele mense bedreig nie.  Vooroordele is ook sigbaar in die kerk, in die wyse waarop ons veral nuwe mense of mense wat anders as ons dink, hanteer.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (Word: Afrikaans + English; PowerPoint) (more…)

Continue ReadingLukas 6:6-11 – Jesus en die man met die gebreklike hand

Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here

Oujaarsdiens 2015

Verwelkoming

Votum en Seëngroet

Lofsang

Psalm 119:18,19

Terugblik op die land in 2015

Wayde van NiekerkAs ons terugkyk op 2015 is daar waarskynlik verskillende dinge wat vir ons uitstaan.  Sommige dinge was goed.  Ander sleg.  Daar was mylpale wat ons bereik het.  Daar was slaggate waardeur ons gestruikel het.

Vir my was twee van die hoogtepunte: Wayde van Niekerk se 400 meter Wêreldbyeenkoms goue medalje in Beijing met ‘n SA rekordtyd van 43.48 sek. en Anaso Jobodwana se bronsmedalje, ná Usain Bolt en Justin Gatlin in ‘n SA rekordtyd van 19.87.  Daar was ook ‘n besonder goeie prestasie van Carina Horn in die 100 meter vroue by ‘n byeenkoms in Madrid waar sy die SA rekord van 11.06 geëwenaar het met haar derde plek. (more…)

Continue ReadingPsalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here

Kolossense 3:12-17 – Vyf innerlike kwaliteite

Kolossense-3_12-17Dit is uiters belangrik om oor jouself vanuit jou verbintenis met Christus Jesus te dink.  Want dit beïnvloed alles.  Vir Paulus is die opstanding nie iets wat net met Christus gebeur het nie.  Dit is iets wat ook met ons gebeur, die oomblik as ons in Hom glo.  Ons status verander.  Ons is in Christus nie meer dood in ons sonde nie, maar opgewek in ‘n nuwe lewe.  Trouens, ons lewe is verborge in God.  En daarom is ons toekoms verseker.  Saam met Christus sal hierdie status aan die einde van die tyd vir almal bekend word, wanneer Christus weer verskyn.

Daarom moet ons ons gedagtes rig op die dinge daarbo.  Paulus bedoel natuurlik nie dat ons net oor die hemel moet dink, en glad nie oor die aarde nie.    Dit spel hy juis in hoofstuk 3 uit.  Die dinge van die aarde is dinge soos onsedelikheid (porneia), slegte begeertes, gierigheid en afgodery, soos ons netnou gelees het met die wet as reël van dankbaarheid.  Dié dinge moet nie deel van ons denke of lewe wees nie.  Die dinge daarbo is die dinge wat deel van ons denke moet wees, dinge soos meelewendheid, goedgesindheid, nederigheid, sagmoedigheid en verdraagsaamheid.  Dit moet ons denke volmaak. (more…)

Continue ReadingKolossense 3:12-17 – Vyf innerlike kwaliteite

Lukas 2:1-20 – Vrede op aarde

GeseendeKersfees“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae.”  Dit staan in die sentrum van die Kersverhaal. Die woorde is die basis van ‘n lied wat in baie kerke veral gedurende Kersfees gesing word en wat ons ook vandag aan die einde gaan sing. Dié engelelied word dikwels afgekort, deur bloot te verwys na Gloria in Excelsis of slegs Gloria.

Saam met Christene uit byna alle kerklike tradisies oor die wêreld sing ons as Gereformeerdes elke Kersfees: “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae.”

Hoekom?  Want, dit is wat ons raaksien in die verhaal oor die geboorte van ons Here Jesus Christus.  Sy geboorte handel oor sy vrede wat deurbreek op die aarde.

  • Dit handel oor die vrede wat daar met God kom deur sy versoeningsdood aan die kruis. Dit handel oor die las van sonde wat van ons skouers afval.  Dit handel oor die vryheid wat ons ervaar deurdat God ons skuld afskryf, en ons in ‘n vrymoedige verhouding met Hom bring.
  • Dit handel ook oor die vrede wat daar tussen mense van baie verskillende agtergronde kom in die kerk wat die Here in Jerusalem en wyer van die bekende wêreld van daardie tyd skep. Hy maak van vyande vriende.  Hy breek die muur van skeiding af tussen Jood en heiden, tussen Griek en Romein, tussen slaaf en vryman.  Hy skep ‘n gemeenskap waarin vreedsame naasbestaan ‘n werklikheid word.

Hier volg die hele erediens: (more…)

Continue ReadingLukas 2:1-20 – Vrede op aarde

Lukas 1:39-56 – God onthou sy beloftes van ontferming

MariaMaria, die moeder van Jesus, speel ‘n relatiewe klein rol in die Nuwe Testament, maar die rol wat sy wel speel, beide in die Nuwe Testament asook in die lewe van gelowiges oor die wêreld en oor die eeue heen, is onvervangbaar. Haar loflied is ook van groot betekenis, want dit dien as belangrike bron waardeur God Homself openbaar en Hy ervaar word. Dit bring aan ons die boodskap van ‘n God wat beloftes van ontferming gee.  God is die Barmhartige, die Een wat Hom ontferm.  Daarop kan ons staatmaak.

Soms word Maria se lied egter ook gevaarlik genoem. Hoekom?  Want, as ‘n mens dié belofte van ontferming reg hoor, besef ‘n mens dis ‘n gevaarlike lied vir mense wat tevrede en knus in hulle gemaksones leef, vir mense wat baie het en nie omgee vir hul medemens nie. God se ontferming kan juis vir dié wat sonder ontferming leef, ‘n uitdagende boodskap word.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: (more…)

Continue ReadingLukas 1:39-56 – God onthou sy beloftes van ontferming

We are and make disciples – Luke 10:1-16

Logo270x135I am talking tonight about the important value of our church: We are and make disciples. And one can say a lot about this. Discipleship has to do with the way we have fellowship with the Lord. It has to do with the Bible. It has to do with the Holy Spirit. It has to do with our lifestyle. It has to do with the way we reach out and care.

But I want to connect it today to one aspect on the basis of a text that brings everything together, which helps us understand that who we are and what we do in the process of discipleship can hardly be explained better as with the concept of hospitality.

So I have chosen one of the master stories about discipleship that puts the whole idea of ​​hospitality on the table, and specifically the hospitality of those that receive us, the people to whom we reach out. For it is through hospitality that we receive the peace and fellowship of God. And that is the way it was through the centuries.

We read Luke 10: 1-16. (more…)

Continue ReadingWe are and make disciples – Luke 10:1-16

HEILIGHEID – Efesiërs 4:17-24

Wat is heiligheid?

AndersEendersWebsliderDie woord heiligheid laat ons op verskillende maniere reageer.  Sommige van ons dink terug aan ‘n baie preutse opvoeding waar ons niks op Sondae mag gedoen het nie – geen Sondagkoerant nie, geen werk op Sondae nie, geen studies op Sondae nie, geen swemmery op Sondae nie, geen brood of melk by die kafee op Sondae nie.  Hoekom nie?  Want Sondag was vir ons die Sabbat van die Here wat ons moes heilig. Ses dae moet jy werk, en die sewende dag rus.  Dié dag was heilig.  Daar was dinge wat dus afgekeur is en waarin ons beperk is.

Daar is ook ‘n aantal ander dinge wat ons moes doen op Sondae, bv. kerk toe gaan op Sondae, tyd spandeer aan mekaar as familie, mense besoek in die hospitaal, Bybellees en bid, gaan kuier by vriende.  Daar was dus ook dinge wat aangemoedig is.

Net – die dinge wat afgekeur is, en dié dinge wat aangemoedig is, was nie altyd vir almal ewe aanvaarbaar nie.  Die verbod op studie kon nog gaan, want dit was eintlik ‘n belangrike stukkie rus van die inspanning van die week, maar daardie slapery op ‘n Sondagmiddag!  Dit het net vir my geen sin gemaak het nie, of te wel, nie terwyl ek jonk was nie! Ek dink my ouers het dit geweldig geniet!  Behalwe, ek onthou nog baie goed die keer toe ek en my broer uitgesluip het en gholfballe rondgeslaan het, en toe natuurlik seil een deur ons kamerruit.  Groot konsternasie.  Groot pak slae.  Wonder nou nog waaroor my pa só kwaad was.

Heiligheid het in ons herinnering dus veral met dinge te doen wat vir ons taboe was, dinge wat ons nie moes doen nie, wat verbode was, beperk, afgekeur … en dan ook dinge wat ons moes doen, dinge wat toegelaat is, dinge wat aangemoedig is, dinge wat met ons toewyding aan die Here te make gehad het, wat afgesonder was vir spesiale gebruik.

Heiligheid het dus vir ons te make met afkeur en aanmoediging, met taboes en toelatings, met uitsluiting en insluiting.

Wat keur die Bybel af en wat moedig dit aan?

Hier volg die hele erediens (more…)

Continue ReadingHEILIGHEID – Efesiërs 4:17-24

LIEFDE – Romeine 13:8-14

AndersEendersWebsliderEk gaan vanoggend net twee goed doen.

  1. Ek gaan iets sê oor die liefdesgebod wat uit die OT gemotiveer word, om jou te help om die OT as die Woord van God vir jou lewe te hoor.
  2. En ek gaan iets sê oor die liefdesgebod se implikasies soos Paulus dit hier in die NT vir die Romeine uitlê sodat jy daarvolgens kan leef.

LUISTER en LEEF.  Ons gemeente se visie.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (Afrikaans, English): (more…)

Continue ReadingLIEFDE – Romeine 13:8-14