Psalm 48 – om van God se leiding bewus te word – 02

7-Psalms-A5-flyerPinkster 2 – 6 Mei 2016

Verwelkoming

Verhaal van die sewe Psalms

Die eerste tyd tussen hemelvaart en Pinkster was ‘n baie besondere tyd.  Die dissipels moes die afskeid van die Here Jesus verwerk.  Hulle moes fokus op die leierskap en het iemand in die plek van Judas gekies as dissipel.  En hulle het gedoen wat die Here Jesus hulle gevra het.  Hulle het gebid, omdat die Here gesê het dat hulle binne dae met die Heilige Gees vervul sou word.  En dít is wat hulle gedoen het.  Hulle het eendragtig bymekaar gekom en gebid.

Wat sou hulle as gebede gebruik het?  Uiteraard sou hulle waarskynlik gebede gebid het wat die Here Jesus hulle geleer het, bv. die Ons Vader gebed wat Matteus (hfst. 6) en Lukas (hfst. 11) later in hulle evangelies sou opneem en waarskynlik ook spontane gebede, soos Jesus die Samaritaanse vrou geleer het (Joh. 4).

Die moontlikheid is egter sterk dat hulle in dié week tussen Hemelvaart en Pinkster sou aangesluit het by die gebruik van die Fees van die weke of “sabbatsweek” wat in dié tyd gehou is.  Ons lees daarvan op ‘n paar plekke in die OT (Eks. 34:22, Deut. 16:10,16; Num. 28:26; Lev. 23:15).  Uit  Numeri is dit duidelik dat hierdie week sewe weke na paasfees gehou is, en dat dit die fees van die weke genoem is.  Dit is ‘n fees wat tot eer van die Here gevier moes word aan die einde van die oes as ‘n gewyde tyd waarin hulle geen gewone werk moes doen nie.

Omdat dit gehou is sewe weke ná die Paasfees, het dit gelei daartoe dat die naam van “Pinkster” (die woord beteken “vyftig”) mettertyd aan dié fees gekoppel is.

Mettertyd is daar Psalms vir dié tyd ontwikkel en een van die voorskrifte vir dié tyd was die lees en bid van die sewe “sabbatsweek” Psalms, een vir elke dag van die “Fees van die weke”, deur baie genoem: Shir Shel Yom (“lied vir die dag”).  In die Griekse vertaling van die Psalms in die LXX, die OT Bybel wat die vroeë kerk gebruik het, is daar hierdie sewe Psalms wat in die opskrifte só aangedui word, en in volgorde vir die “sabbatsweek” of “Fees van die weke” voorgeskryf is. (more…)

Continue ReadingPsalm 48 – om van God se leiding bewus te word – 02

Psalm 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom – 01

7-Psalms-A5-flyerPinkster 1 – 6 Mei 2016

Verwelkoming

Pinkster in die NG Kerk familie

Die 10 dae tussen Hemelvaart en Pinksterdag was nog altyd ’n baie besondere tyd in die NG Kerk familie.  Vir meer as 150 jaar al word die tyd aan Pinksterbidure afgestaan.  Die fokus is op die werk van die Heilige Gees, die nuwe lewe wat Hy bring, en die krag wat Hy gee, veral in gebed, sodat ons by God se werk in die lewe kan aansluit.

Die stimulus daarvoor begin interessant genoeg in ’n North Dutch Reformed kerk in Fulton straat, New York in Amerika, en ironies genoeg in 1857, presies in dieselfde jaar van die gewraakte besluit “ten gevolge van de zwakheid van sommige” wat hier by ons tot aparte kerkvorming gelei het.

Amerika was in ‘n toestand van sosiale, morele, politieke, geestelike en ekonomiese verval. Op 14 Oktober dié jaar het die bankstelsel van die VSA ineengestort. Die spoorweë het bankrot gespeel.  Fabrieke het toegemaak.  Die onrus oor die nagevolge slawerny was aan die oplaai.  Burgeroorlog het gedreig.  Mense was radeloos en sonder hoop. Die toekoms was donker.

Jeremiah Lanphier, ‘n stadsendeling van die gemeente in Fultonstraat, was baie bekommerd oor die impak van die landsituasie op die geestelike toestand van die mense van New York. Hy besluit toe om elke week ‘n middaguur-gebedsbyeenkoms tussen 12:00 en 13:00 te hou. Hy het pamflette laat druk om mense uit te nooi vir die eerste byeenkoms op 23 September 1857.  Dit sou plaasvind in die konsistorie van die kerk in Fultonstraat.

Slegs 6 mense het die eerste week se byeenkoms bygewoon. Die tweede week het die bidders verdriedubbel.  20 mense het kom bid. Die derde week was daar 40. Die vierde week was daar 100. Binne enkele weke was die kerkgebou vol en het mense van toe af daagliks bymekaargekom om tydens middagete te bid. Mettertyd is daar nog en nog gebedsbyeenkomste gereël. By sommige was daar tot 5000 teenwoordig. Voor die einde van 1857 was daar honderde gebedsbyeenkomste in verskillende areas en het dit daagliks gegroei. Dit is beleef as ‘n herlewende werk van God. (more…)

Continue ReadingPsalm 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom – 01

PSALM 47 – ONS LEEF TUSSEN TEMPEL EN TROON

Psalm-47HEMELVAART 2016

Die Psalm is geskryf vir die musiekleier – 55 Psalms word só getipeer – waarskynlik vir gebruik in die tempel liturgie, en baie spesifiek vir onderrig, soos vers 8 aandui.

Die Psalms is só belangrik vir ons onderrig.  Ons leer hier wat God se doel is met alles.  Ons leer hier hoe ons God moet dien.  Ons leer hier hoe ons God moet loof en prys, en wat ons moet doen as dit swaar gaan.

Let op hoe dit alles beskryf word as dinge wat tegelykertyd by die tempel (vers 6) gebeur as voor sy troon (vers 9).  Jesus het nie verniet gebid, laat u wil geskied in die hemel so ook op die aarde.  Hemel en aarde is altyd betrek op mekaar.  Hemel en aarde het altyd alles met mekaar te doene.

Die Psalm leer ons dus ons lewe gelewe word tussen tempel en troon, tussen die aardse teenwoordigheid van God en die hemelse teenwoordigheid van God waarmee eintlik die hele geskape werklikheid ingesluit word.  (more…)

Continue ReadingPSALM 47 – ONS LEEF TUSSEN TEMPEL EN TROON

Die gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2:1-3:13

Ek fokus vandag op die vyf voorregte wat ons het in die gemeenskap van die Gees.

  1. God het uitnemende projekte vir ons voorberei.

Die-gemeenskap-van-die-GeesEk sluit eers aan by vers 10 se boodskap wat ek met ons toewyding gelees het.  Noudat ons van ons sondeskuld bevry is, en ons ons toelê daarop om in gehoorsaamheid aan God en sy Woord te leef, wag daar vir ons ‘n paar wonderlike dinge in die vrygemaakte lewe saam met God.

Die eerste voorreg wat ons het, is in vers 10. ’n Mens kan vers 10 ook as volg vertaal: “Want ons is sy meesterstuk, geskep in Christus Jesus vir uitnemende projekte, wat God voorberei het, dat ons dit sal uitvoer.”

Dit is ’n baie belangrike perspektief op die geestelike lewe.  Ons doen nie maar wat ons wil, of wat een of ander geestelike leier vir ons voorsê nie.  Ons hoor by God in Sy Woord en deur Sy Gees watter dinge Hy wil hê ons by betrokke moet raak – en dit is die dinge wat ons dan doen.  Dit is presies wat Jesus bedoel het, toe hy aan sy dissipels gesê het (in die verhaal van die Samaritaanse vrou by die put van Jakob): “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.” (Joh. 4:34).

Dit het direkte persoonlike implikasies.  God het vir my ‘n werk om te doen.  God het ‘n werk vir jou om te doen.  Uitnemende projekte.  Dinge wat pas by ons as God se meesterstukke.  Ravi Zacharias sê in sy inspirerende boek The Great Weaver dat God met ons besig is soos ‘n Meesterwewer.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS – Die gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2The fellowship of the Spirit – Ephesians 2

(more…)

Continue ReadingDie gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2:1-3:13

Die ding wat ons doen

Die-ding-wat-ons-doenThe Air I Breath

Ons begin vanaand met ‘n nuwe reeks: The Air I Breath.  Dit is gebaseer op Louie Giglio se boek met dieselfde titel.  Dit handel oor aanbidding.

Die titel van sy boek laat my dink aan die liedjie van die Hollies in die vroeg sewentigerjare, laerskool vir my, “All I need is the air that I breath, yes, to love you.” (Mike Hazlewood en Albert Hammand).  ‘n Mens hoor dit nog baie oor die radio.

Ons is wat ons liefhet

En dit is nogal gepas, want hulle liedjie onderstreep ‘n baie belangrike ding van die lewe.  Ons is wat ons liefhet.  Ons word bepaal deur wat ons liefhet. Al wat ons nodig het, is die ding, of die mens wat ons liefhet.  Meer as ons denke, meer as ons kennis, word ons bepaal en beïnvloed deur wat ons in ons diepste wese liefhet.

Ons aanbid wat ons liefhet

Want, ons aanbid wat ons liefhet.  Of dit nou ons behoeftes is aan seks, of mag, of geld.  Enigeen van dié drie basiese dinge kan die dinge raak wat ons aanbid, wat ons lewens stempel.  Soos Maarten Luther gesê het: “Whatever your heart clings to and confides in, that is really your god.”

Ons is wat ons liefhet.  Ons aanbid wat ons liefhet.  Ons lewens word bepaal deur wat ons liefhet.

Laai die Afrikaans hier afDownload the English here

Hier volg die hele erediens:

(more…)

Continue ReadingDie ding wat ons doen

Johannes 20:19-23

Johannes-20_19-23Die verhaal van die eerste opstandingsdag vind die dissipels in die bovertrek besig om die gebeure van die dag te oordink.  Die nuus het vinnig versprei dat Maria vroeg die oggend by die graf was en dit leeg gevind het.  Petrus en Johannes het gaan kyk en selfs ingegaan om self te sien dat dit leeg is. Verder het twee wat op pad na Emmaus was, ook kom vertel dat hulle die opgestane Jesus ontmoet het.

Terwyl die dissipels hieroor diep in gesprek was, staan Jesus meteens daar tussen hulle en sê vir hulle: “Vrede vir julle!” En skielik is alles anders!

Laai die Afrikaans hier afDownload the English here

Hier volg die hele erediens:

(more…)

Continue ReadingJohannes 20:19-23

Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig

Bloemendal 13 Maart 2016

Pa- en Ma-Koedoe moes vir twee dae na ‘n ver plek vir noodsaaklike sake vertrek.  Hulle roep hulle koedoe-kindertjies bymekaar en vra mooi dat hulle by die ander koedoes in die ruigtes moet bly.  Die kinders mag onder geen omstandighede naby die rivier gaan nie, want daar skuil gevaar.  Koning Leeu is in die omgewing en ‘n hele klomp luiperds het hulle by die rivier tuisgemaak.  Dis doodsake.  Die klein koedoetjies beloof hand en mond hulle sal gehoorsaam wees.

Toe pa en ma terugkom, is die kinders skoonveld.  Dit gee ‘n vreeslike soektog af.  “Moet ons nie by die rivier gaan kyk nie?” vra Oupa-koedoe, ‘n ringkop in die koedoe-familie.  Einde ten laaste, toe dit al amper donker was, soek die koedoes rivier langs.  Hulle kom op ‘n klomp klein koedoe-ore af wat daar teen die rivier se wal lê.  Leeu-spore lê die hele wêreld vol. Die oortjies is al wat van die ongelukkige koedoes oorgebly het.

“Nee,” sê pa- en ma-koedoe, “dis beslis nie ons kinders se ore nie, want ons kinders hét nie ore nie!” (more…)

Continue ReadingJob 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig

Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.”

omarm1Ek onthou uit my jeug die impak wat Alexander Solzhenitsyn se One Day in the Life of Ivan DenisovichDie Dag van Ivan Denisowitsj – op my lewe gehad het (Haum: vertaal deur Leo van der Westhuijzen).   Met die beskrywing van dié een dag kom jy agter hoe hy dag vir dag die hoop behou, een dag op ‘n slag.

Ivan is in een van Stalin se strafkampe gesit in die koue Siberië omdat hy van drostery uit die weermag aangekla is, ‘n valse klag, maar daarvoor moes hy harde handarbeid verrig in die strafkamp.  ‘n Uitmergelende verhaal van ontbering, maar ook van die triomf van die gees.

Ek onthou hoe Ivan – meesal Sjoekof, sy ander naam, genoem in die boek – dié dag besonder honger was, en met middagete gehoop het dat hy twee bakkies pap sou kon bewerkstellig vir homself deur iets vir die ondervoorman van die gevangenes, Pavlo, te doen.  En ek onthou soos gister die angs wat hy ervaar as hy die eerste bakkie pap te vinnig eet, nie genoeg vertroetel in sy mond nie, en dan agterkom dat hy miskien die tweede bakkie pap gaan mis.  Die eerste bakkie pap voel dadelik vermors.

En ek onthou die vreugde as daardie tweede bakkie pap voor Ivan neergesit word, en Pavlo vir hom omgee, ‘n hart vir hom het, genoeg om vir hom ‘n ekstra bakkie pap te gee.  Ivan het besonder lank aan dié bakkie pap gesuig-eet, elke mondjievol vertroetel in sy mond, die helfte van sy brood in sy sak gebêre om die aand in die bed verder aan te suig-kou.

Só het Ivan dit gemaak regdeur die tyd in Siberië in een van die koudste bewoonde dele wat ons op hierdie aardbol het, deur dag vir dag te lewe, elke dag uit te kyk vir die bietjie omgee wat selfs in dié godverlate plek beskikbaar was, ook soms self ‘n bietjie omgee uit te deel, en wat sy hoop brandende gehou het.

Hier volg die hele erediens (Afrikaans) – (English) (more…)

Continue ReadingMatteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.”

Lukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf

PP-liefhe2Ek wil na die verhaal kyk op drie maniere.

  1. Eerstens die gewone feite van die verhaal – die landscape of action soos dit bekend staan in die narratiewe praktyk.
  2. Tweedens die dieper betekenis van die verhaal – die landscape of consciousness or identity.
  3. Derdens hoe ons God hierin raaksien en ons Hom kan navolg – die landscape of transcendence (Monteleone).

Dit is ‘n metodiek wat jy met enige verhaal in die Bybel kan volg om die betekenis daarvan vir jouself te ontsluit.

Hier volg die hele erediens: (AfrikaansEnglishPowerPoint)

(more…)

Continue ReadingLukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf

Matteus 16:21–28 – Om jou kruis op te neem

Oorgawe

1aOns is besig met ‘n reeks Volg.  Ons leer uit die evangelies hoe om Jesus te volg.  Vanaand is die tema Oorgawe.  Ons tel die verhaal van dissipelskap op in Matteus 16. English (Word)

Jesus is in die streke van Sesarea-Filippi in die noorde van Juda, so 40 km noord van die See van Galilea.  Petrus het so pas bely dat Jesus die Christus is, die Seun van die lewende God (16:16).  Jesus het hom daarmee gelukgewens en gesê dit is ‘n openbaring van God self:

“dit is nie ‘n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is.”

Jesus was so opgewonde daaroor dat Hy verder gegaan het, en daarby gevoeg het:

“Jy is Petrus, en op hierdie rots – Petrus se belydenis sowel as sy leierskap – sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.”

Jy sit ook miskien vanaand hier en kan getuig van dieselfde wonderlike besef dat Jesus die Christus is, die Seun van die lewende God.  En jy weet dit is iets wat van God af kom. Iets wat jy nie noodwendig kan verklaar nie, maar iets wat jou binnekant tot rus gebring het voor God.

En onthou, as dit nie jou ervaring is nie, dít is waarvoor ons as gemeente daar is, om jou in ‘n ervaring met die lewende God te begelei.  Ons word deur die twee woorde op die baniere hier voor gekenmerk: Ons luister na en ons leef vir God. (more…)

Continue ReadingMatteus 16:21–28 – Om jou kruis op te neem