1 Petrus 1:1-9 – Jubel oor God in allerhande beproewings

8 Oktober 2017 Aanddiens Somerstrand

Versoekings en beproewings

Ek lees die week ’n interessante hoofstuk in die boek van Lance Hahn, The Master’s Mind.  Die hoofstuk handel oor God wat versoekings en beproewings – temptations and trials – toelaat in ons lewe, omdat dit vir ons goed is.

Regtig? Regtig.

Dieselfde Griekse en Hebreeuse woorde – peirasmos en massâ – word in die Skrif gebruik vir versoekings en beproewings, soos Jakobus 1 onder andere uitspel.  Die onderskeid hang af van die bedoeling en motivering.

  • Is die bedoeling van die moeilike situasie waarin jy jouself bevind, om jou af te breek?  Dan is dit ’n versoeking. 
  • Is die bedoeling van die moeilike situasie waarin jy jouself bevind, om jou op te bou?  Dan is dit ’n beproewing.

Versoekings wil jou in sonde laat val.  Dit is nooit iets wat God sal doen nie.  Maar, Hy toets jou wel – met deernis – om jou te dissiplineer.

Jakobus sê oor versoekings: 12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.”

Hy is baie duidelik daaroor dat sonde anti-God is.  God sal dus nooit iemand lei om te sondig nie.  13Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. 14Maar ’n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. 15Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.” (Jak. 1:12-15).

Maar, God sit gelowiges deur moeilike situasies wat twee goed aan hulle kan doen.  Dit kan eerstens vir jou soos ’n spieël wees, jou huidige situasie aan die lig bring, jou help om dinge raak te sien wat jy moet verander, dinge wat jy moet los, dinge wat jy moet begin doen.  Dit kan tweedens vir jou wees soos ’n stel trappe, om jou sterker maak, jou fikser te maak, en te dinge te leer wat nodig is in jou geloofslewe.

Soos dieselfde Jakobus sê, en hy gebruik dieselfde Griekse woord om oor beproewings te praat: 2My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, 3want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.” (Jak. 1:2-3)

En Jakobus moedig ons aan om te volhard, omdat dit tot geestelike rypheid lei.  En as ons wysheid kortkom, moet ons dit van God bid wat aan almal sonder voorbehoud gee sonder verwyt (Jak. 1:4-8).

Natuurlik is beproewings steeds ’n uitdaging.  En ons gaan nie altyd weet of iets ’n versoeking of ’n beproewing is nie.  Dit weet net God.

Uit hierdie lees van Lance Hahn se boek het ek na die Bybel gaan kyk vir verdere leiding, en die Here het met my gepraat uit die eerste brief van Petrus.  Ek sal dit graag met julle lees en vyf gedagtes met julle deel om julle te laat volhard in beproewings en versoekings. Die eerste twee kom uit die gedeelte.  Die laaste drie uit die res van die hoofstuk wat jy ná die tyd kan gaan lees. (more…)

Continue Reading1 Petrus 1:1-9 – Jubel oor God in allerhande beproewings

Numeri 21:1-9 – “Elkeen wat opkyk, sal lewe.”

Die pas begin versnel met die trek langs die Dooie See op aan die oostekant van die Jordaan.  Die eerste oorwinning wat die tweede generasie van Israel behaal, is teen die Kanaäniete van koning Arad wie se stede hulle met die banvloek tref (Numeri 21:1-3).

‘n Mens sou wou dink dat die probleme van die verlede oorkom is.  Hulle oorwin juis dié mense waarteen hulle ouers verloor het 38 jaar gelede (Num. 14:45).  En ‘n mens begin opgewonde raak oor die feit dat hulle dié keer die Here aanroep in gebed, selfs ‘n gelofte aan Hom maak, en alles vir Hom gee, elke stukkie van die buit wat hulle in die oorlog maak. (more…)

Continue ReadingNumeri 21:1-9 – “Elkeen wat opkyk, sal lewe.”

Matteus 18:21-35: Die oorvloed van vergifnis

Die student Sibongile Mani het hierdie week ‘n algemene gesig geword in die media.  Sy het per ongeluk R14 miljoen gekry en in ‘n kort tydjie reeds R818 000 daarvan uitgegee.

Nou, ek wil haar nie “shame” nie.  Ek wonder wat ek sou gedoen het as ek só baie geld in my rekening gehad het.  Wat sou jy gedoen het?  Jy kan gaan kyk wat NMB studente geantwoord het op dié vraag.

En al sou jy die regte ding gedoen het en die geld teruggegee het, die punt is dat sy nou die geld skuld, want sy het dit uitgegee.

So, kry hierdie prentjie in jou kop.  Sibongile word voor die raad gedaag en gevra om die geld terug te betaal.  Want, sy skuld dit vir die owerhede.

Maar, sy kan nie.  Daar is nie ‘n manier nie.  Iemand het uitgewerk hoeveel jaar dit sou neem as sy ‘n goeie werk sou hê en dit moet terugbetaal.  Dit sal haar meer as twintig jaar neem, as sy elke maand R8 000 terugbetaal.

Nou, stel julle voor dat Sibongile begin pleit dat hulle haar moet vergewe … en die raad stem in.  Hulle skryf dit af.  Sy loop as ‘n vry mens daar uit. Sy kan aangaan met haar lewe.  Sy hoef nooit weer daaroor te wonder of te wroeg nie.  Sy is vry.  Sy het geen skuld meer nie.  Sy is vergewe.

HIER VOLG DIE HELE PREEK (more…)

Continue ReadingMatteus 18:21-35: Die oorvloed van vergifnis

Numeri 13-14 – “Ons moet beslis optrek, want ons kán dit doen.”

Ek is Kaleb.

Dit het ons amper twee jaar geneem om by Kades uit te kom.  Deur dik en dun was die Here daar vir ons in die woestyn.  Deur die Rietsee.  In die oorlog teen die Amalekiete.  In die honger en dors tye met die manna en die water.  Selfs waar Hy opgetree het teen die rebelle. Korag, Datan, Abiram.  Selfs teen Mirjam en Aäron!  Ek kon amper nie glo dat hulle dit gewaag het om Moses aan te vat nie.  Ons moes sewe dae vir haar wag dat die Here haar velsiekte genees.

Regdeur dit alles het die Here ons egter gelei.  Soos die wolk opgelig het, het ons agter Hom aangetrek.  Wanneer dit gaan staan het, het ons kamp opgeslaan.  Selfs in die nag was ons van Hom bewus.  Die lig wat van die vuurkolom uitgestraal het, het tot in elke tent lig gemaak.

Elke keer dat ons onseker was, het die Here sy wet vir ons uitgelê.  Dit het ons gehelp om elke oomblik van die dag van Hom bewus te bly.  Elke keer wat ons gesondig het, kon ons om vergifnis gaan smeek by die Tabernakel.  En soos die offers se rook opgetrek en die priesters ons van God se genade verseker het, kon ons sy vrede in ons harte voel neerdaal.

By Kades het die droom van die beloofde land egter binne bereik gekom.  Ek was so bly dat die Here die oggend in die Paranwoestyn aan Moses verskyn het.  Die opdrag was om twaalf leiers uit die twaalf stamme as verkenners aan te wys.  Ek kon my geluk nie glo toe ek aangewys is om my stam Juda te verteenwoordig nie.

Moses het ons gestuur om as verkenners op te tree.  Ons moes nie net die toeganklikheid van die stede en die paraatheid van sy mense toets nie, maar ook die vrugbaarheid en geskiktheid van die land ondersoek.  Moses wou spesifiek hê ons moes van die vrugte saambring as ons kon.  Die manna was immers goed genoeg, maar ‘n druiwetros of ‘n bietjie dadels sou darem vorentoe smaak.  En dit sou die volk opgewonde maak, het hy gereken.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: (more…)

Continue ReadingNumeri 13-14 – “Ons moet beslis optrek, want ons kán dit doen.”

1 Korintiërs 9:19-23 – Maak kontak!

Ek wil vanaand vir julle vyf verhale vertel en ‘n paar ander gee vir verdere nadenke.  Want, dit is hoe die Here ons harte aanraak, deur verhale.  Soos ons luister, kan die Gees dit gebruik om diep in ons hart in te kom en ons te verander.  Julle kan ook die blaadjie gebruik dié week om met ander te gesels en na hulle verhale te luister

Paulus se roepingsverhaal

Die eerste verhaal is dié een wat ons in 1 Korintiërs 9:19-23 lees.  Dit is die meesterverhaal waarmee die Here met ons praat vanaand.  (more…)

Continue Reading1 Korintiërs 9:19-23 – Maak kontak!

Numeri 11 – Gulsigheid laat jou verstik aan God se goedheid

Die towerbeker

Daar is ‘n donker storie van ‘n man wat ‘n towerbeker gevind het.  Elke keer as hy in die beker gehuil het, het sy trane verander in pêrels.  Hy was egter nog altyd ‘n gelukkige man, al was hy arm, en het baie min gehuil.  Daarom het hy maniere gekry waarop hy hartseer kon word, sodat sy trane hom ryk kon maak.  Soos die pêrels opgehoop het, het sy gulsigheid gegroei.  Die storie eindig met die man wat op ‘n berg pêrels sit, mes in die hand, hulpeloos besig om te huil in die towerbeker met sy geliefde vrou se dooie liggaam in sy arms.  (Khaled Hosseini in The Kite Runner).

Gulsigheid ken geen perke nie

Gulsigheid ken geen perke nie.  Gulsigheid is ‘n groot “onbeskeie begerigheid”.  Die HAT beskryf mense wat aan gulsigheid lei as gulsaards, gulsbekke, gulssakke, vrate.  Dit is mense met ‘n “onversadigbare lus vir vleis”, soos Numeri dit uitspel.

Iemand het gesê: “Gierigheid is ‘n vet duiwel met ‘n klein mondjie.  Niks wat jy hom voer, is ooit genoeg nie.”  (Janwillem van de Wetering).  Dieselfde geld gulsigheid.

En dit is nie iets waaraan net arm mense ly nie.  Soos die profeet sê: “’n Hooghartige mens wat hom deur sy rykdom laat mislei, sal nie in sy doel slaag nie, al is hy so gulsig soos die doderyk, so onversadigbaar soos die dood.” (Habakuk 2:5).

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: (more…)

Continue ReadingNumeri 11 – Gulsigheid laat jou verstik aan God se goedheid

Numeri 1-2 – Ingeskryf vir die reis na die beloofde land

Die oggendlig breek stadig oor die berge.  Die paadjie is koel onder my voete.  Ek stap al vinniger af na die hek.  Die koerant is gelukkig al daar.  Ek het die hele nag gewag vir dié oomblik.  Gretig slaan ek dit sommer daar in die oprit oop. In die middel, want dit is waar die lyste van name is.  Ek soek my skool se naam.  Die A’s, B’s, C, en dan die D’s.  My vinger gly deur die name op die lys van Hoërskool Durbanville.  En dan die verligting.  Van Wyk, ACV.  Ek is deur.  ‘n Klein tekentjie vir universiteitstoelating.

Dit bly lekker om jou naam op ‘n lys te soek en te kry, nie waar nie?  Matriekuitslae.  Sportspanne.  Universiteitsvakke. Die vreugde as jy jou naam kry.  Die skop in die maag as jy egter jou naam nie vind nie.  As jy dit nie gemaak het nie.  Dis asof jou binnekant in mekaar krimp.  Asof die wêreld gaan stilstaan.  Asof jy dit net nie kan glo nie.  Dit kan mos nie waar wees nie?  Maak ek nie ‘n fout nie?  Het hulle nie ‘n fout gemaak nie?

(more…)

Continue ReadingNumeri 1-2 – Ingeskryf vir die reis na die beloofde land

Matteus 13: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk?

Dié vraag het onvermydelik by my opgekom toe ek die leesroosterteks vir vandag lees, Matteus 13:24-30; 36-40, die gelykenis van die onkruid (drabok) tussen die koring en Jesus se verklaring daarvan. Die prentjie op die PowerPoint wys hoe eenders die onkruid en die koring lyk terwyl dit nog jonk is. Dit is eers met die oes wat hulle hulle ware aard wys.

Jesus is hier besig om sy derde toespraak in Matteus af te sluit met die koninkryksrede.  Hy gebruik agt gelykenisse om te fokus op die koninkryk en veral op die wyse waarop mense op die evangelie van die koninkryk gaan reageer.

Twee van dié gelykenisse is baie prominent.  Die gelykenis van die Saaier en die gelykenis van die onkruid tussen die koring.

En laasgenoemde gelykenis handel spesifiek oor die vraag na die onderskeid tussen die ware en die valse kerk, soos dit ook in die Nederlandse Geloofsbelydenis van Guido de Bres, artikel 29, een van ons kerk se geloofsbelydenisse, beskryf word.

Twee vooraf opmerkings oor die gelykenisse van die koninkryk:

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

(more…)

Continue ReadingMatteus 13: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk?

2 Tessalonisense 1:6-12 – van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het

Paulus skryf sy twee briewe aan Tessalonika (Salonika in Griekeland) in 50-51 n.C., ongeveer 16 jaar na sy dramatiese bekering op die pad na Damaskus.  Hy het die gemeente gestig tydens sy tweede sendingreis saam met Silas en Timoteus.  Interessant genoeg het die stad later bekend gestaan as die “Ortodokse Stad” weens hulle standvastigheid en evangelisering van ander nasies.  Paulus het dus goeie werk daar gedoen!

Paulus werk op dié stadium in Korinte waar hy 18 maande sou bly en nie net in die gemeente daar leiding sou neem nie, maar met sy briewe begin om al die gemeentes wat hy gestig het, te bemoedig in die geloof.

Die gelowiges in Tessalonika was onder groot druk van veral die Jode, later natuurlik ook van die Romeinse owerhede.  Paulus wou hulle help om te groei te midde van die vervolging.  Daarom bevestig Paulus hulle in hulle geloofservaring en spits hy hom toe op lering oor die kernsake van die geloof sowel as op die praktiese vrae wat hulle vra.  Hy wou hulle help om heilig en verantwoordelik te lewe in die gemeente sowel as in die gemeenskap.

Dwarsdeur die twee briewe is daar ’n duidelike klem op die wederkoms, sodat hulle soms Paulus se eskatologiese of eindtyd briewe genoem word (ta eschata = die laaste dinge). Die rede daarvoor is dat Paulus oortuig was dat jy jou hele lewe moet beskou in die lig van die wederkoms; dat jy moet leer om te leef, te dink, te praat en te werk in die verwagting van die Here wat kom. (more…)

Continue Reading2 Tessalonisense 1:6-12 – van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het

Genesis 24 – Vertrou die Here en loop die pad met Hom

Vandag se teks is ‘n heerlike vrou-soek verhaal, want Abraham besluit ná Sara se dood dat die tyd gekom het om vir Isak ‘n maat, ‘n metgesel, te soek. Die skrywer herinner ons aan die seën wat hy ervaar het in sy verhouding met die Here. Hy wou nou van dié seën vir sy seun aangee.

Maar dit is ook duidelik ‘n verhaal van God wat in dit alles die leiding neem en ‘n vrou vir Isak gee wat by hom kan pas sodat hy die rol kan speel wat God in die heilsgeskiedenis vir hom beplan het. Soos Abraham die gasvrye een gewees het in die vorige geslag sou Rebekka dit nou wees in die volgende geslag.  Haar gasvryheid sou verseker ook haar skoonpa se goedkeuring weggedra het!  Haar naam rym ook met die Hebreeuse woord vir seën, bē·rǎḵ, wat in die eerste vers van Abraham gebruik word.

Die verhaal wil egter nie net die lewe van die karakters en hulle optrede illustreer vir ons nie. Die verhaal wil ook iets doen. Dit wil iets doen aan en met ons.

Die skrywer wil hê dat ons onsself in die wel en wee van die verskillende karakters ontdek; onsself daarin terugvind, dat ons tot selfinsig kom.  Soos die verhaal ontvou, kan ons onsself ontdek. Ons kan opnuut weer leer wat dit beteken om God te vertrou, God se wil te soek, en saam met familie en lewensmaats te leef. (more…)

Continue ReadingGenesis 24 – Vertrou die Here en loop die pad met Hom