(Re)gifted VI – LEER

pp-viThe Evangelical Stream – The Magi

20 November 2016 Aanddiens

Foster calls the evangelical tradition the Word-centered life, and the Magi (wise men) stand out as biblical proponents of this stream for good reason.  Kom ons lees die verhaal van die wyse manne, die sterrekenners as ‘n verduideliking van ‘n Woord-gesentreerde lewe.

Matteus 2:1-12

1 Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom 2 en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.” 3 Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld. 4 Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word. 5 Hulle het hom geantwoord: “In Betlehem in Judea, want so is dit deur ‘n profeet geskrywe: 6 “En jy, Betlehem, gebied van Juda,jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie.Uit jou sal ‘n leier voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees.” 7 Daarna het Herodes die sterrekykers in die geheim ontbied en noukeurig by hulle vasgestel wanneer die ster verskyn het. 8 Hy het hulle na Betlehem toe gestuur met die woorde: “Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom kry, laat my weet, sodat ek ook aan Hom hulde kan gaan bewys.” 9 Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. 10 Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. 11 Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre. 12 En omdat God hulle in ‘n droom gewaarsku het om nie na Herodes toe terug te gaan nie, het hulle met ‘n ander pad na hulle land toe teruggegaan.

(more…)

Continue Reading(Re)gifted VI – LEER

Haggai 1:15b-2:9 – Hou moed, want Ek is by julle

19 jaar later

leef-voorblad-kleinDit is nou reeds 19 jaar sedert die volk uit ballingskap teruggekom het, 520 v.C.  Die Here roep die profeet Haggai om die volk te bemoedig.  Die boodskap wat hy moet bring, is: Herstel die tempel, want God is by julle.

Die eerste profesie word aan die twee leiers gerig, aan die goewerneur van Juda, Serubbabel, en aan die hoëpriester Jesua. Haggai verduidelik vir hulle dat hulle slegte situasie aan hulle ongehoorsaamheid verbind is.

Peterson vertaal God se woorde in hoofstuk 1:5-6 só:

                  “Take a good, hard look at your life.
                  Think it over.
                  You have spent a lot of money,
                  but you haven’t much to show for it.
                  You keep filling your plates,
                  but you never get filled up.
                  You keep drinking and drinking and drinking,
                  but you’re always thirsty.
                  You put on layer after layer of clothes,
                  but you can’t get warm.
                  And the people who work for you,
                  what are they getting out of it?
                  Not much—
                  a leaky, rusted-out bucket, that’s what.

In vers 9-11 antwoord die Here sy eie vraag, weereens soos Peterson dit vertaal:

“And why? …  Because while you’ve run around, caught up with taking care of your own houses, my Home is in ruins. That’s why. Because of your stinginess. And so I’ve given you a dry summer and a skimpy crop.”

Die probleem is die mense het hulle eie huise herbou, maar nie aandag gegee aan die herbou van die tempel nie.  Dít kan nie so aangaan nie, sê Haggai.  Dit is nou al 19 jaar.  Julle moet julle prioriteite regkry.  Die Here kom eerste.  Dán sal sy seën julle lewens volmaak.

En ons sien in hoofstuk 1 dat die hele volk sowel as hulle leiers begeesterd daarop gereageer het.  Hulle het hulle huise gelos, en die tempel begin bou.  Drie weke later was hulle aan die gang, ná hulle eers alles in orde gekry het.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingHaggai 1:15b-2:9 – Hou moed, want Ek is by julle

(Re)gifted II – LUISTER

The contemplative life

The contemplative life is the steady gaze of the soul upon the God who loves us,” sê Richard Foster. Dit is: “an intimate sharing between friends,” soos hy Teresa van Avila aanhaal.

maria-gebedGebed is ten diepste ‘n diep waarneming en bewussyn van wie God is en wat Hy doen.  Dit is wat ons in Maria se gebed in Lukas 1:26-38; 46-55 (onderaan aangehaal – also in English) raaksien.

Sy as jongmeisie, wat só ‘n groot verantwoordelikheid kry om die Seun van God in die wêreld te bring, sy bid nie soseer oor haarself en wat sy ervaar as sodanig nie, maar oor wat sy van God raaksien in wat sy ervaar en hoe dit haar help verstaan wie God is en wat Hy doen.

En die belangrikste van wat sy raaksien van God, is dat Hy aandag gee aan die nederiges, aan die mense wat in die oë van die wêreld op die randte staan, wat nie hoog geag word deur die magtiges van die wêreld nie.

Mary’s song thus exemplifies the contemplative tradition – die tradisie van ‘n nougesette beoefening van die bewussyn van God – because it celebrates the activity of God in human life.

En ons moet raaksien dat dit altyd ook gaan oor die lewe daarbuite.  Wat binne jou aangaan, wat in jou verhouding met God gebeur, het alles te make met wat daarbuite in die kontak met mense gebeur. (more…)

Continue Reading(Re)gifted II – LUISTER

Joël 2:12-32 – Bekering sluit die beloftes van God vir ons oop

leef-voorblad-kleinDie huidige onrus in ons land rondom die leierskap sowel as op ons kampusse raak ons intens.  Die geveg tussen leiers rondom die politiek en die ekonomie sentreer rondom die siekte van korrupsie en selfverryking wat ons land laat steier voor die afgrond van rommelstatus.  Ons sien amper daagliks hoe die rolspelers hulleself posisioneer en mekaar probeer uitoorlê.  Daar is amper niks meer geheims daaroor nie.  Dit gebeur nie agter die skerms nie.  Ons kan die storielyn volg in die media.

Die geveg op ons kampusse sentreer rondom die ervaring wat baie studente het dat hulle nie tuis is in hierdie land nie, en nie ‘n toekoms vir hulleself sien nie.  En, dit is nie net arm studente wat só voel nie.  Dit is veral studente uit die middelklas wat deelneem en voorvat.  Die angswekkende van die situasie is dat baie van hulle met ‘n ideologie werk wat gewelddadig is, gegrond op die geskrifte van Frantz Fanon en ander.  Om dit nog erger te maak, word die onrus ongelukkig ook met dieselfde tipe ideologie teengestaan van die regering se kant af wat nie soseer na oplossings soek nie, maar self gewelddadig en onderdrukkend is.  Daar is ook misdadige elemente en politieke opportuniste wat die situasie misbruik  wat alles net nog meer kompleks maak.  Die dreigende gevaar is dat hierdie konflik ‘n hele geslag kinders en studente van enige toekoms hoegenaamd kan ontneem.  En dan skiet ons as ‘n land onsself in die voet, eintlik in albei voete.

Dié situasie het my laat dink aan een van my lewensmotto’s.  Richard Niebuhr het in sy etiek Responsible Self die volgende gesê:

“God is acting in all actions upon you.  So respond to all action upon you as to respond to his action.”

So wat kan ons agterkom van God in alles wat rondom ons gebeur?  Wat is God besig om te doen?  En hoe kan ons op sy werk reageer?

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingJoël 2:12-32 – Bekering sluit die beloftes van God vir ons oop

1 Timoteus 2:1-7 – Bid dat God alle mense verlos en tot kennis van die waarheid bring

bellini-praying-hands-smWaar Paulus in hoofstuk 1 vir Timoteus raad gegee het oor hoe om dwaalleraars en dwalinge as sodanig te hanteer, fokus hy nou op die positiewe riglyne vir die werk in ‘n gemeente.  En let op waarmee hy begin. Nie met die prediking of die organisasie nie, maar met gebed.

Daarna eers, in hoofstuk 3, skets hy die wyse waarop die leierskap in die gemeente moet funksioneer, ouderlinge en diakens, altyd met die fokus op wie die gemeente is, dat hulle die gemeente is van die lewende God, en dat die gemeente “die draer en beskermer is van die waarheid” (vers 15).

Ek wil vanoggend vyf dinge uit die teks uitlig oor gebed.  Daarmee wil ek jou motiveer om hierdie week in gebed voor die Here te kom en jou gebedslewe te verryk met dié insigte.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue Reading1 Timoteus 2:1-7 – Bid dat God alle mense verlos en tot kennis van die waarheid bring

Learn

Christ Pantocrator mosaic in Byzantine style, from the Cefalù Cathedral, Sicily, c. 1131 (retouched jpeg).
Christ Pantocrator mosaic in Byzantine style, from the Cefalù Cathedral, Sicily, c. 1131 (retouched jpeg).

1 Korintiërs 2:1-5 – Leer Jesus ken

Dit is die jaar 54 n.C.  Paulus is op sy derde sendingreis in Efese.  Terwyl hy vir twee jaar daar gebly het, skryf hy ‘n paar briewe aan die gemeente in Korinte.  Hulle het hom ‘n paar vrae gevra oor die Christelike lewe: oor bloedskande, hofsake, prostitusie (“meisies van Korinte”), die huwelik,  seks, ongetroudes, afgodsoffers, genadegawes, en die nagmaal.

Want, onthou, dié gelowiges het tot bekering gekom uit die heidendom waarin hulle geweldig losbandig en afvallig gelewe het.  Hulle moes leer wat dit beteken om ‘n Christen te wees.

Maar Paulus begin nie met hulle vrae nie.  Hy begin by die begin, by die Here Jesus self.  Want dit is die hoofsaak waaroor dit gaan.  Dit is die hele evangelie, die goeie nuus.  Dit gaan altyd in die eerste plek oor die persoon en werk van die Here Jesus.  Daarna kan ‘n mens uitbrei oor die gawes en die nagmaal en ander etiese vrae. (more…)

Continue ReadingLearn

Lukas 14:25-33 – Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie

A man walking towards a cross with sunbeams
A man walking towards a cross with sunbeams

Die sweet begin pêrel teen die ou man se slape.  Die berg is steil. Hy gaan staan om asem te skep.   Sy oë dwaal terug.  Sy mense is net ‘n veraf spikkeltjie in die dynserige hitte van die vlakte.  Hy weet hulle sal vir hom wag.  Hy sluk swaar.  Wat sê hy vir hulle as hy leë hande terugkeer?

Hy draai om.  Daar is nie meer tyd vir draal nie.  Die tyd het gekom.  Hulle moet die berg uit.  Hy trek sy gordel reg waaraan die mes hang.  Hy versit die potjie met kole na sy ander hand.  Dan kyk hy links.  Sy seun het darem regtig sterk geraak.  Hy dra die hout met gemak.  Sy treë is lank.  Die man weet hy sal homself al hoe meer moet inspan om by te hou.  Sy hart swel van trots …

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingLukas 14:25-33 – Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie

Jeremia 1:4-10 – geken, gevorm, geheilig en aangestel

Horace Vernet, Jeremiah on the ruins of Jerusalem (1844)
Horace Vernet, Jeremiah on the ruins of Jerusalem (1844)

Die roeping van Jeremia

Ek wil vandag gesels oor roeping.  En ek wil Jeremia as lens gebruik dat jy oor jou eie roeping as kind van die Here kan dink.  Want, ek is oortuig, die groei in ‘n mens se geestelike lewe begin by jou bewussyn van roeping.  En ek sal afsluit met ‘n paar gedagtes oor ons roeping as geloofsgemeenskap.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

(more…)

Continue ReadingJeremia 1:4-10 – geken, gevorm, geheilig en aangestel

Living “Questionable” Lives

BELLS websliderBells Challenge

Ons gaan dié kwartaal aandag gee aan geloofsgewoontes, spiritual disciplines, that will help us become missional.  We will discuss five habits that will help us live generous, hospitable, Spirit-led, Christlike lives.  Why?  Because we are missionaries to our own neighborhoods as we heard in our Mission’s Week.

Wat ons gehoor het in Sendingweek moet nou deel van ons lewens raak, en ons gaan julle daarmee help.  Vanaand skets ek ‘n raamwerk vir die BELLS Challenge, die vyf geloofsgewoontes, wat ons gaan inoefen, en ons manier van leef gaan bepaal: Bless, Eat, Listen, Learn, en Sent.  Seën, eet, luister, leer, en gestuur.  Julle kan weereens volg op die Bybel app. (more…)

Continue ReadingLiving “Questionable” Lives

Kolossense 2:6-23 – Christus in ons verander ons “hiermaals”

pilgrim-18Ek is op ‘n plek in my geestelike lewe wat ek al hoe meer van twee goed bewus raak – die “hiernamaals” waarheen God ons wil neem, en die suigkrag van die “hiermaals” wat ons die vreugde van God se teenwoordigheid kan ontneem.

Ek is aan die een kant al hoe meer bewus van die bestemming wat God vir ons as kinders van die Here het. Hy wil ons as sy kinders verwelkom in sy koninkryk om “heilig, sonder foute en onberispelik” voor Hom te lewe – die “hiernamaals” wat Paulus in hoofstuk een van Kolossense uitgespel het (1:27). Dit is die grootste geskenk wat enigiemand kan kry. Nie net omdat dit ‘n wonderlike uitsig is nie – en dit moet jy goed hoor – maar omdat dit hiérdie lewe heeltemal verander. As ek weet waarheen ek op pad is, kan ek bykans enigiets wat met my hier gebeur, hanteer. Om die waarheid te sê, my ewige bestemming verdryf my vrees vir enige bedreiging op hierdie aarde. Dit is ómdat ek ‘n “hiernamaals” het waarna ek uitsien, dat die “hiermaals” – soos Lina Spies daarvan praat – nie net vir my draaglik word nie, maar deurdrenk met die teenwoordigheid van God self.

Ek is egter aan die ander kant ook al hoe meer bewus van die suigkrag wat die “hiermaals”, dié wêreld, op ons uitoefen, die beklemming van die verydeling wat ons hier beleef, en ons van die vreugde van dié bestemming en van die reis daarheen wil beroof. Die wêreld se waardes en lewenstyl raak soos molasse waarin jy trap, wat jou vryheid beperk, wat jou menswees inkort, wat jou verhouding met die Here vervlak en uiteindelik tot stilstand kan ruk.

Dit is in dié beklemmende situasie wat Paulus se helder woord uit Kolossense 2:6-23 my tref en terugbring by die hoop op die heerlikheid wat daar in Christus Jesus is. Die geheim van hierdie lewe, van die “hiermaals”, is Christus. Die geheim van die volgende lewe, van die “hiernamaals”, is ook Christus. Dit was die punt van Paulus se boodskap in hoofstuk 1. “Christus is in julle (die hiermaals), Hy is die hoop op die heerlikheid (die hiernamaals).” (1:27).

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:
(more…)

Continue ReadingKolossense 2:6-23 – Christus in ons verander ons “hiermaals”