Bid dat God se wil geskied – Matteus 26:36-46
Dit is die eindstryd van die Curriebeker op Nuweland. WP teen Noord-Transvaal. Die telling is gelykop. Die losskakel lê aan vir ‘n skop na die pale. As dit oor is, wen WP. As dit mis is, is dit gelykop. Die eindfluitjie gaan blaas. Die losskakel kom vorentoe, die bal trek reguit pale toe … en toe op ‘n onverklaarbare manier verander die bal van trajek, en die skop is mis. Die beker word gedeel.
Die storie is vir my vertel van wat daardie dag gebeur het. Drie spelers het bymekaar gestaan en gebid. Twee het gebid: “Here, ons sien al hoe daardie bal deur die pale trek!” En die bal het reguit pale toe getrek … totdat die derde speler afgesluit het met: “laat u wil geskied,” en die bal se trajek verander het. Die een se kommentaar was: “Jy met jou wil van die Here! Kyk nou daar! Dit kos ons die wedstryd.”
Beide gebede is natuurlik verkeerd. Die gebed van selfvertroue. En die gebed van selfvertwyfeling. Hoekom? Want, nie een van die bidders weet presies wat God se wil is nie. Jy kan immers net sê laat u wil geskied, as jy weet wat God se wil is. En God se wil het boonop nie veel te doene met balle wat deur pale trek nie.
Ons moet versigtiger wees met wat ons vra
Download the English Translation: Pray that God’s will be done
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:








