Stry teen wellus – 1 Tessalonisense 4:1-7
Die studente het gevra oor “lust” – wellus. In die konteks van ons gesprek oor verhoudings en die liefde. Nie net “hoe ver, is te ver” nie, maar wat maak ‘n mens met “lust”, met jou slegte begeertes.
My aanpak in hierdie kort reeks was om eers te gesels oor die ware artikel, die liefde tussen man en vrou, die wyse waarop seksualiteit in die huwelik tot sy reg kom. Daarom het ons na Genesis gekyk met die tema van “helftes en helpers”. Ons het twee keer gekyk na Hooglied en afgesluit met ‘n perspektief op die wonder van “wedersydse interafhanklikheid”.
Dit is hoe God wil hê dat ons in die huwelik mekaar moet liefhê. ‘n Mens moet immers eers weet wat God wil, wat goeie begeertes is, voor jy kan kom by wat God afkeur, en waarvoor ‘n mens dan versigtig moet wees.
Maar, nou kom ons by julle vraag oor wellus. Ek gaan dit aanpak uit die hoek van die woorde wat die NT gebruik vir wellus. Die woord epithumia wat oor die begeertes gaan, en die woord porneia wat oor die dade gaan. (more…)








