Bly by My – Lukas 2:25-40

‘n Seuntjie vra sy ma eendag waarom sy so ‘n paar grys hare het. Sy antwoord dat elke grys haar kom van iets wat hy verkeerd gedoen het. Hy knik so ingedagte en sê: “Nou verstaan ek, dit is hoekom ouma heeltemal grys is!”

Daar is egter ‘n ander grysheid wat nog meer besonders is. ‘n Grysheid wat ‘n teken is van wysheid, nie van spanning of ‘n gebrek aan melanien nie.

Die spreekwoord sê: “Sy is grys.” Daarmee bedoel ons glad nie dat daar ‘n grys haar op haar kop is nie. Net dat sy wys is ver bó haar jare.

Dit is wat Spreuke ook sê:

“Grysheid is ’n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.” (16:31).

Grysheid is nie ‘n ouderdom nie. Dit is ‘n toestand. Dit is ‘n manier van leef. Dit word gevind op die weg van geregtigheid. Dit is die wysheid wat begin by die ontsag vir die Here. Dit is die wysheid wat weet dat die enigste manier van leef wat sin maak, is om by die Here te bly.

Kom ons lees van twee sulke grys mense. Mense wat die wysheid ten toon stel van ‘n lewe by die Here.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: (more…)

Continue ReadingBly by My – Lukas 2:25-40

Called to witness about the light in the darkness – John 1:1-18

It is not about size

The great concern of the Bible is not about the size of the church, it is about the saved in the church. It is not about how many people are gathered in the church. But how many people are saved in and also through the witness of the church.

The apostle John writes at the end of his gospel: “Now Jesus did many other signs in the presence of the disciples, which are not written in this book; but these are written so that you may believe that Jesus is the Christ, the Son of God, and that by believing you may have life in his name.” (John 20:30-31).

That means that there are two categories of people.

  • People who are saved, who believe in Jesus, who trust Him with their lives, who obey His commandments, who live in His light.
  • And there are people who are not saved, who do not believe in Jesus, who do not trust Him with their lives, who do not obey His commandments, who do not live in His light, but instead, lives in darkness.

That is also true of us in the church. It is not about how many of us are here. It is about how many are saved. That is something you have to be sure about. That Jesus Christ is your Saviour. (more…)

Continue ReadingCalled to witness about the light in the darkness – John 1:1-18

God die Vader

Hoe dink jy oor God die Vader? Hoe sou jy Hom beskryf?

Baie van ons kyk na God die Vader deur die bril van ons ervaring. Dit beïnvloed ons beskrywing van God as Vader.

As ons eie pa’s ‘n goeie invloed op ons gehad het, dink ons God is soos hulle.

Ek onthou my pa as iemand wat altyd daar was vir my, selfs al het sy werk hom weke op ‘n keer van ons af weg geneem. Hy het moeite gedoen oor naweke, dinge saam met ons gedoen, al ons wedstryde bygewoon. Dit het by my die idee gelaat dat hy altyd daar was.

Natuurlik was my ma ook daar. Trouens, sy het baie keer sy rol vervul. Maar, daar was ‘n baie spesiale plek in my lewe vir my pa.

En ek dink vandag só oor God.

As ons pa’s egter ‘n slegte invloed op ons gehad het, dink ons God is soos hulle. Die ontstellende statistiek in Suid-Afrika is dat 68 % van kinders word gebore sonder ‘n pa wat naby is. Dit het ‘n geweldige impak op die wyse waarop kinders grootword.

Gisteraand het ek en my vrou die nuwe rolprent Capernaum gekyk. Dit handel oor die jong twaalfjarige Zain wat grootword in ‘n omgewing waar beide sy ouers moed opgegee het om iets aan hulle lewe te doen. Met groot gevolge vir hulle kinders.

Zain beland op die straat en maak uiteindelik ‘n saak teen sy ouers. Hy wil nie hê hulle moet meer kinders hê nie. Hulle is nie in staat om ouers te wees nie. ‘n Rolprent wat soos ‘n skop in die maag voel. Trouens, die hartseer hou net nooit op nie.

Ons kyk dus ook deur die bril van ander se ervarings. Die dinge wat ons lees, die flieks wat ons kyk, die wyse waarop pa’s geskets word, dit alles het ‘n invloed op ons. Ons is boonop baie keer uitgelewer aan die ideologieë van die media wat vir ons doelbewus prentjies voorhou wat pa’s sleg uitbeeld.

Maar, ons moet net nie dink dat dit al wyse is waarop ons oor God as Vader mag nadink nie. Dit maak nie saak hoe goed of hoe sleg jou ervaring van aardse pa’s is nie. Dit maak nie saak hoe goed of sleg die media vir jou pa’s voorhou nie.

Selfs jou eie pa, hoe goed hy ook al vir jou gesorg het, is uiteindelik nie ‘n maatstaf van God as Vader nie. Die maatstaf vir sy Vaderskap lê in sy eie openbaring van Homself, in die Bybel en in die verwoording daarvan in die geloofsbelydenisse deur die eeue.

Download the English: God the Father (more…)

Continue ReadingGod die Vader

Katalisator vir die Koninkryk – Stefanus

Handelinge 6:1-8:3 – Somerstrand 18:30 10 Maart 2019

Groot krisisse in ons samelewing

Ons leef in ‘n tyd waar daar groot krisisse is in ons samelewing. Julle het dit self beleef hierdie week op die kampus. Die botsing tussen die belange van die studente en die kampus. Met die oplossing van ‘n Clearing House wat legitieme klagtes hanteer. Daar is die hoop dat dit die situasie sal normaliseer.

Daar is egter ander krisisse wat nie so maklik hanteer word nie. Of waar die oplossing ander probleme veroorsaak. Die korrupsie in ons land. Die grondeise. Eskom. SAL. Nasionalisering.

Soos ook in die kerk. Julle het seker die uitspraak van die hof gelees oor die saak wat teen die NG Kerk gemaak is oor die toelating al dan nie van gays in die kerk. Ter sprake is die 2016 besluit van die NG Kerk wat sekere beperkings op gays geplaas het in die lig van die Skrif.

Op een vlak het die regters bevind dat die kerk fouteer het met sy prosedures. Die 2016 besluit is as onwettig en ongeldig bevind. Dit beteken die 2015 besluit wat gays toelaat om predikante te wees sonder dat hulle selibaat lewe, en dat selfdegeslagverbintenisse in die kerk gesluit mag word, dié besluit is nou die wettige en geldige een.

Op ‘n ander vlak het die uitspraak egter veel verder gegaan, en die reg van die kerk om oor sy eie geloofsake te beslis aan die verskanste regte in die grondwet onderhewig gemaak. Dit het ook nie net uitsprake gemaak oor gays nie, maar oor die hele spektrum van LGBTIQA+ seksuele oriëntasies. Iets wat nie eers voor die hof was nie.

Die implikasies hiervan moet nog deurdink word. Maar, talle berigte wys uit dat die swaard van die grondwet nou oor die geloofsbesluite van alle kerke hang. Trouens, ek sou wou sê dat alle geloofsgemeenskappe in Suid-Afrika hierdeur geraak word, ook die Jode en die Moslems. Jy kan volgens hierdie uitspraak nie iets glo of jou godsdiens só beoefen dat daardie geloof of godsdiensbeoefening die menseregte wat in die grondwet verskans is, op enige manier benadeel nie.

Dit maak nie eers regtig saak hoe jy oor die inhoud van die uitspraak dink nie. Die uitspraak gaan die beoefening van geloof en godsdiensvryheid waarskynlik fundamenteel beïnvloed.

Die rol van ‘n katalisator (catalyst)

Die uitspraak is dus ‘n katalisator wat die potensiaal het dat geloof en die beoefening van godsdiens heel anders daar gaan uitsien as wat ons dit tot dusver geken het.

Julle weet wat is ‘n katalisator, ‘n catalyst?

Dit is ‘n stof wat ‘n chemiese proses vinniger laat verloop. Jy verander skadelike uitlaatgasse (bv koolstof monoksied) deur ‘n metaal platinum of palladium in skadelose uitlaatgasse (bv koolstof dioksied en water). ‘n Mens kry dit ook in jou liggaam. Jy kry die ensiem amilase in die speeksel in jou mond en dit help om koolhidrate vinniger te verteer.

Katalisators in die samelewing

‘n Mens kan dus ook van mense praat as katalisators. Figuurlik gesproke. Mense wat die gang van die geskiedenis verander het. Ook uitsprake wat die gang van die geskiedenis verander, soos nou met die hofuitspraak.

Ons kan uiteraard nie anders as om by dié dinge wat op die kampus gebeur, en dié dinge wat in ons howe gebeur, om daarby betrokke te raak nie. As studente kan julle nie die ontwikkelinge op die kampus vermy nie. As gelowiges kan ons nie die ontwikkelinge in die kerk vermy nie. Dit is ‘n gegewe.

Maar, ek dink tog dat ons nie moet dink dat dié krisisse, op die kampus of die kerk, die ultimate krisisse is nie. Dat dit ons hele lewe moet bepaal nie. Want, dieper as die krisisse op kampus of in die kerk, is die krisis van die koms van die koninkryk van God.

En dit is waarvoor God ons roep. Om katalisators vir die koninkryk te wees midde in die krisisse wat ons beleef.

Download a partially translated version: Katalisator vir die Koninkryk – Stefanus – mixed language

(more…)

Continue ReadingKatalisator vir die Koninkryk – Stefanus

Die krag van die kruis – Jesaja 52:13 – 53:12

Ons maak moeilik vrede met lyding

Ons maak baie moeilik vrede met lyding. Veral ons eie lyding of die lyding van mense na aan ons.

Tog is daar iets fassinerend in die lyding van ‘n besondere mens of ‘n leier.

Hoekom?

Want ons weet uit die geskiedenis dat daar ongelooflike krag sit in die lyding van iemand wat nie vir die opoffering van die lyding terugdeins nie, en selfs bereid is om sy of haar lewe vir ‘n saak op te offer, ten spyte van die koste daarvan.

Lydensverhale inspireer

Sulke verhale van vasberadenheid onder lyding het baie keer die potensiaal om mense tot groter hoogtes te inspireer as wat verhale van voorspoed en suksesse het.

Dink maar net aan die talle en talle verhale uit die Hervorming.

Mense wat hulle met groot persoonlike opoffering aan God se roeping in die Skrif gewy het.

Download English Translation: Isaiah 52_13-53_12

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: (more…)

Continue ReadingDie krag van die kruis – Jesaja 52:13 – 53:12

Elkeen wat opkyk, sal lewe – Numeri 21

Die pas begin versnel met die trek langs die Dooie See op aan die oostekant van die Jordaan.  Die eerste oorwinning wat die tweede generasie van Israel behaal, is teen die Kanaäniete van koning Arad wie se stede hulle met die banvloek tref.

‘n Mens sou wou dink dat die probleme van die verlede oorkom is.  Hulle oorwin juis dié mense waarteen hulle ouers verloor het 38 jaar gelede (Num. 14:45). Ek het drie weke terug oor die vier voorbidders voor die volk in Numeri 14 gepreek.

En ‘n mens begin opgewonde raak oor die feit dat hulle dié keer die Here aanroep in gebed, selfs ‘n gelofte aan Hom maak, en alles vir Hom gee, elke stukkie van die buit wat hulle in die oorlog maak.

Verset lei tot veroordeling

Maar nee, die opgewondenheid oor die tweede generasie verdamp wanneer dié groot oorwinning opgevolg word deur nog ‘n tranedal van verset oor kos en water.  Die skrywer gee dit weer met ‘n perfekte idioom: “die siel van die Israeliete het kort geraak.”  Hulle het sat geraak vir hierdie slegte kos.

Die blydskap oor die oorwinning was dus van korte duur.  In plaas daarvan om soos met die bedreiging van koning Arad van die Kanaäniete tot die Here te bid, vaar hulle uit teen Moses en die Here oor hulle omstandighede.  Die reis deur die woestyn het ‘n groot tol van hulle geëis.  Miskien was daar verwyte teen hulle ouers.  Maar dieper was die ongeduld met die Here.

Die Here se reaksie dié keer op hulle verset is weereens drasties.  Hy stuur giftige slange onder hulle in en baie van die Israeliete sterf.  Die giftigheid van hulle verset word begroet deur die gif van God se oordeel.  Verset lei tot veroordeling.

Vertroue lei tot verlossing

Die Here se oordeel word egter genadiglik begroet met skuldbelydenis deur die volk – teenoor die Here sowel as teenoor Moses – en die hoeveelste voorbidding deur Moses vir die volk in verset.  Op bevel van die Here maak Moses hierdie keer ‘n koperslang maak met die belofte: “Elkeen wat gepik is en daarheen opkyk, sal lewe.”

Die slang het die vloek voorgestel wat hulle getref het.  Deur die slang “op te lig” teen die paal is die vloek weggeneem, sodat, wanneer hulle daarheen gekyk het, ‘n teken van geloof en vertroue, hulle genees sou word.

En dit is presies wat gebeur.  Soos hulle na die koperslang opgekyk het in vertroue, het die gif uit hulle sisteem verdwyn en het die lewe teruggekeer en is hulle genees.  Vertroue lei tot verlossing.

Uit die hierdie boodskap wil ek ‘n paar gevolgtrekkings trek vir jou eie geestelike lewe.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: (more…)

Continue ReadingElkeen wat opkyk, sal lewe – Numeri 21

Noag, die geloofsheld – Hebreërs 11:7

Is dit verkeerd om mense van Jesus te vertel?

Dit kan vir baie van ons vreemd klink dat ek hoegenaamd dié vraag vra. Dit is mos darem baie duidelik uit die Bybel dat ons vir alle mense van Jesus moet vertel. Só het Jesus immers self gesê: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom (Mark 16:15). Dit is die opskrif op ons wêreldkaart daar teen die muur. Dit is wat ons sendelinge doen. Dit is wat elkeen van ons behoort te doen.

Maar, vir jong mense is dit nie só ‘n vreemde vraag nie. Nie waar nie?

Die helfte van millennials sê dit is verkeerd

Navorsing wys dat die helfte van Christen millennials (gebore tussen 1984 en 1998 – 21 tot 35 jaar oud) dink daar is iets verkeerd daarmee om ander mense van Jesus te vertel. Só sê die nuutste navorsing van die Barna Instituut: “about half of millennial  Christians believe it’s ‘wrong’ to evangelize.”

Baie van ons jongmense dink dus dat dit verkeerd is om mense van Jesus te vertel.

Dit is nie dat jongmense nie weet wat die evangelie van hulle vra nie. Dit is selfs nie dat hulle nie weet hoe om ander van Jesus te vertel nie. Trouens, hulle het soms meer vaardighede en geleenthede om dit te doen as vorige generasies.

Maar hulle voel dit is verkeerd om jou persoonlike geloof met iemand anders te deel. Veral as dié persoon van ‘n ander geloof is.

Kan julle daarmee identifiseer? Is dit hoe julle ook dink?

HIER  VOLG DIE HELE EREDIENS:

(more…)

Continue ReadingNoag, die geloofsheld – Hebreërs 11:7

Vier voorbidders voor die volk – Numeri 14

Daar kom ‘n tyd wat elke voorbidder nie voor God staan nie, maar voor die mense vir wie hy of sy intree. Wanneer die gevolge van opstand teen God en sy wil vir die lewe hulle eie asems wil wegslaan. Wat hulle asem ophou vir wat kan gebeur met mense wat weet wat God vra, maar sy woord in die wind slaan. Wat weier om tot inkeer te kom. Hulle eie planne maak. God se woorde verdraai om hulle eie agendas te pas.

En ware voorbidders mag nie stilbly nie. Nie teenoor die volk nie. Nie teenoor God nie.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (Download the English translation: Numbers 14) (more…)

Continue ReadingVier voorbidders voor die volk – Numeri 14

Jesus se peuterjare – Matteus 2:13-23

Ek het met die kinders op Jesus se grootwordjare in Nasaret en die reis na Jerusalem gefokus, maar ek wil in die prediking op die tyd vooraf fokus, ‘n gedeelte van Jesus se lewe waaroor daar min gepreek word. Sy peuterjare, nul tot drie jaar.

Dit is terselfdertyd ‘n voorskou van hoe ons die evangelies gaan lees in die Bybelskool.

Ons sluit direk aan by die verhaal van die wyse manne – waaroor ek verlede week gepreek het – wat in ‘n droom ‘n goddelike waarskuwing ontvang het om nie na Herodes terug te gaan nie, maar met ‘n ander pad van Betlehem af terug te keer na die ooste. Dan skryf Matteus verder in hoofstuk 2.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (Download English Translation) (more…)

Continue ReadingJesus se peuterjare – Matteus 2:13-23