Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig

Bloemendal 13 Maart 2016

Pa- en Ma-Koedoe moes vir twee dae na ‘n ver plek vir noodsaaklike sake vertrek.  Hulle roep hulle koedoe-kindertjies bymekaar en vra mooi dat hulle by die ander koedoes in die ruigtes moet bly.  Die kinders mag onder geen omstandighede naby die rivier gaan nie, want daar skuil gevaar.  Koning Leeu is in die omgewing en ‘n hele klomp luiperds het hulle by die rivier tuisgemaak.  Dis doodsake.  Die klein koedoetjies beloof hand en mond hulle sal gehoorsaam wees.

Toe pa en ma terugkom, is die kinders skoonveld.  Dit gee ‘n vreeslike soektog af.  “Moet ons nie by die rivier gaan kyk nie?” vra Oupa-koedoe, ‘n ringkop in die koedoe-familie.  Einde ten laaste, toe dit al amper donker was, soek die koedoes rivier langs.  Hulle kom op ‘n klomp klein koedoe-ore af wat daar teen die rivier se wal lê.  Leeu-spore lê die hele wêreld vol. Die oortjies is al wat van die ongelukkige koedoes oorgebly het.

“Nee,” sê pa- en ma-koedoe, “dis beslis nie ons kinders se ore nie, want ons kinders hét nie ore nie!” (more…)

Continue ReadingJob 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig

Spreuke 2:1-22 – Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.

Preekreeks oor Spreuke: Wyse Woorde vir die Lewe – 29 Julie 2012

Luister in die diereryk

Dit is verstommend hoe goed sommige diere kan hoor.

  • Olifante het nie net baie groot ore nie.  Hulle kan geluid hoor wat 20 keer dieper is as wat ons ore kan optel.  En hulle gerommel kan 6 kilometer ver opgetel word deur ander olifante.  Dit is een van die maniere waarop hulle aangepas is om te kan oorleef en met mekaar te kan kommunikeer oor lang afstande.
  • Uile het van die skerpste ore wat bestaan. Interessant is dat hulle ore nie op dieselfde vlak sit nie – een is net bo die ooglyn, en die ander net daaronder – sodat hulle met absolute presisie die rigting van ’n geluid kan bepaal.  Maar uile kan nie net goed hoor nie.  Hulle reaksietyd is ook verstommend.  Binne ’n 100ste van ’n sekonde kan hulle reageer op die geritsel van ’n muis in die bos.  Dit is waarom uile in die donkerste donker – hulle het natuurlik goeie oë ook – hulle prooi kan vang en só kan oorleef.
  • Vlermuise se gehoor is miskien nog beter ontwikkel, hoewel hulle ’n tipe sonar gebruik om te kan hoor.  As jy ’n muskiet is, en só 15-20 voet van ’n vlermuis af, al is dit stikdonker, en jy piepklein, is jy geskiedenis.  Interessant, vlermuise beskerm hulle ore deur dit toe te maak met elke vlerkklap, sodat hulle gehoor nie verminder met die geraas van hulle eie vlerke nie.  Hulle is eintlik totaal afhanklik van hulle gehoor om te kan oorleef.
  • Dolfyne, wat ook sonar gebruik, kan tot op 70 meter ’n voorwerp opspoor al is dit net so groot soos ’n vyfrand muntstuk.  En soos walvisse kan hulle geluide oor groot afstande onder water optel.

Hoekom?  Want al hierdie diere is afhanklik van hulle ore om te kan oorleef.  Hetsy of dit is om te kan kommunikeer, of om hulle kos op te spoor of om gevaar te kan ontwyk – ore is lewensbelangrik.

Continue ReadingSpreuke 2:1-22 – Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.