Joh 4 – Son 25 Jan 09
Laai die Word dokument hier af.Laai die Joernaal vir die erediens hier af - dit kan ook in kleingroepe gebruik word. VERWELKOMINGDaar is by baie van ons ‘n begeerte na…
Laai die Word dokument hier af.Laai die Joernaal vir die erediens hier af - dit kan ook in kleingroepe gebruik word. VERWELKOMINGDaar is by baie van ons ‘n begeerte na…
Paulus wil ons in Fil 2:1-4 herinner hoe om kerk te wees. (Laai die hele preek hier af)
Luister na die Word on the street se weergawe daarvan:
Some questions: (Check Yes or No)
Are there big pay-offs to having this connection with the Liberator? Yes/No
Does His love get you through the dark times? Yes/No
Does His Holy Spirit pull you together? Yes/No
Are you moved when tragic things happen? Yes/No
If you checked yes to all of the above, then make my day - love each other!
Be united, be one, pull together, sing off the same page.
Don’t elbow people, step on people, stab people in the back just to get yourself noticed.
Put a mirror to the real you, with no fancy “soul enhancing” lighting special effects;
then look back at anyone else and reckon they’re better than you.
Don’t just look after number 1, but also look out for each other.
Paulus het in die vorige perikoop gepraat oor drie goed:
Sy motivering was, daar is groot teenstand van buite af, en sonder eenheid sal hulle nie kan staande bly nie.
In hoofstuk 2 praat hy verder hieroor, maar fokus op die gevaar wat van binne af kan kom, as gelowiges nie mekaar liefhet en een van hart en een van strewe, lewe nie.
Drie aspekte van Paulus se woorde in die gedeelte tref my. Ek wil dit as volg opsom:
In ’n baie ver land het ’n groep sangers van dorp na dorp gereis en musiek vir ’n lewe gemaak! Hulle het gesukkel, want die tye waarin hulle gelewe het, was harde tye. Geld was skaars en al hoe minder mense het as gevolg daarvan na hulle vertonings gekom. Die groep het hieroor vergader.
“Ek sien geen punt daarin om vanaand op te tree nie.” het een gekla “Dit het boonop begin sneeu. Wie sal vanaand in die koue na ons kom luister?”
“Ek stem saam,” antwoord een van die ander sangers, “gisteraand het ons voor ’n handjie vol opgetree. Waarom gee ons nie hulle geld terug en kanselleer ons konsert nie?”
“Hoe kan jy jou beste gee as daar so min mense is? vra ’n derde sanger.
’n Vierde, ’n ouer man, ouer as die res, het na die ander sangers gekyk en gesê: “Ek weet julle is mismoedig. Ek ook. Maar ons het ’n verantwoordelikheid teenoor hulle wat wel kom. Ons sal ons heel beste gee. Dis nie die skuld van hulle wat kom dat ander nie kom nie! Hulle behoort met ons heel beste beloon te word.”
Met sy aanmoediging het hulle ’n uitstekende vertoning gelewer. Toe die klein gehoor huiswaarts keer, het die ou sanger hulle bymekaar geroep. In sy hand was ’n briefie wat een van die gehoor vir hom gegee het.
“Luister hierna my vriende!” het hy met ’n opgewondenheid gesê. Almal het met afwagting na hom geluister toe hy die briefie stadig vir hulle lees: “Dankie vir julle wonderlike vertoning!” Dit is net onderteken “Julle Koning”. Die Koning het stil-stil en sonder enigiemand se mede-wete, hul vertoning bygewoon!
Die sangers se optrede eggo Paulus se begeerte, sy “vurige verlange” dat hy niks sal doen waaroor hy hom sal hoef te skaam nie. Hy wil altyd, met alle vrymoedigheid, d.w.s. openlik en sonder om enigiets terug te hou, deur sy hele wese, Christus verheerlik of hy nou lewe en of hy nou sterwe. Hy wil altyd sy beste lewer.
“Do all the good you can, in all the ways you can, to all the souls you can, in every place you can, at all the times you can, with all the zeal you can, as long as ever you can.” John Wesley.
Want, dit gaan oor Christus en dat jy alles in die lewe doen asof jy dit vir Hom doen.
Inleidend Die gedeelte is seker een van die mees betwiste gedeeltes in die Romeine brief. Die meeste uitleggers lees die gedeelte as ’n blik op Paulus se innerlike stryd teen die…
Die tweede deel van Romeine 6 roep ons as gelowiges op om God te dien met alles wat ons is en het. Doen wat God wil (en nie wat die…
Ek worstel al twee weke met dié teks – en maak geen fout nie, dit raak nie sommer ‘n makliker teks met die eerste en tweede en selfs derde lees…