Wat doen jy as jy magteloos is? – Klaagliedere 05

Klaagliedere van Jeremia
Tema: Wat doen jy as jy magteloos is? – Klaagliedere 5

Verwelkoming

Welkom van waar in die wêreld jy ook al af inskakel.

Psalm 4

Die mense wat die Eenjaar Bybelleesprogram van die begin van die jaar af volg, het hierdie week weer met die Psalms van vooraf begin. Vanoggend het ons Psalm 4 gelees. Dit is ‘n Psalm om die konflikte in jou lewe voor die Here te bring en vir sy “glimlag” te vra, soos ’n mens vers 6 kan verklaar:

“verhef oor ons die lig van u aangesig, o Here!”

Mag God se “glimlag” oor jou lewe skyn!

Verjaarsdae

Luzaan Potgieter verjaar vandag. Baie geluk. Baie geluk ook aan Amke Robinson (2).

Kategese

Ons skakel vir die laerskool kategese in die tyd van die inperking in by die Lofkabouters van ds Thania Boha van PE Hoogland. Sy noem dit die Geloofsalfabet en deel dit met graagte met ons. Dit is ‘n weeklikse 10 minute aanbieding waarby al ons kinders baat kan vind. Ouers kan dit saam met hulle kinders kyk vir gesprek en aktiwiteite daarna. Dit begin met A vir aanbidding. Geniet!

Kyk dit hier.

Behoeftes

Al die klere wat ons versamel het, is uitgesorteer en uitgedeel. Hier is ‘n video van ons lidmate hard aan die werk om dit uit te sorteer. Onthou die swart sakke wat ons in Lydenstyd met klere volgemaak het, kan steeds hierdie week afgelewer word by Jaco en Annemarie by Bognorstraat 6 enige tyd deur die dag. Klere is ‘n groot behoefte en ons probeer steeds daarin voorsien.

Kos natuurlik steeds ook. Julle kan steeds bydrae vir Theo se lysie en Elsje se ACVV lysie.

Bydraes vir die Noodfonds is ook steeds welkom. Merk dit net “Noodfonds” as jy EFT. Ons het verskeie mense al gehelp. Dit is ‘n riem onder die hart dat lidmate sulke vrygewige harte het.

Jy is welkom om, as jy weet van nood waartoe ons kan bydra, vir my te kontak. Ons sal dit diskreet hanteer.

Pulse

Ons informele erediens vanaand, Pulse, gaan oor die tema van Seks: Wat sê die Bybel? Net vir bo-13’s. Ouers kan met die lied ná die kindertyd hulle kinders onder-13 net verskoon. Ds Pieter Nel van Hoogland gaan die volgende twee Sondae met ons oor die tema praat. Vanaand uit 1 Korintiërs 6:12-20. 18:00 op dieselfde kanaal. Dit is ook in ‘n aparte playlist gesit om makliker daarby uit te kom. Skakels op die web, Whatsapp en Mailchimp.

Klaagliedere

Ons lees hierdie week hoofstuk vyf van die Klaagliedere van Jeremia. Jy kan steeds my boek vir stiltetyd en kleingroepe op die webtuiste aflaai.

Youtube

Teken sommer nou in op die Youtube kanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe knoppie. Jy kan notifications ook aansit sodat jy kennis kan kry van elke volgende video.

Onthou die kleiner formaat video. Jy kan die skakel via Whatsapp weekliks ontvang. Stuur net jou nommer na Liésl (ngksomer@global.co.za) dan sal ons telkens die skakel stuur. Dit sal ook altyd in die nuusbrief, op die web en op Facebook beskikbaar wees.

Dieselfde geld die klankbaan wat nog kleiner is. Dit sal ook weekliks per Whatsapp beskikbaar gestel word. Dui net vir Liésl aan of jy die kleiner video of net die klankbaan wil ontvang. Ek sal dit ook in die nuusbrief, web en Facebook beskikbaar stel.

Votum en Seëngroet

“Dít roep ek in herinnering, daarom het ek hoop: Die troue liefde van die HERE vergaan nie, want sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid.” (Klg 3:21-23)

Daarom groet ek jou in die Naam die Drie-Enige God, Vader, Seun en Heilige Gees. (more…)

Continue ReadingWat doen jy as jy magteloos is? – Klaagliedere 05

Wat doen jy as jy uitgelewer is? – Klaagliedere 04

Klaagliedere van Jeremia
Tema: Wat doen jy as jy uitgelewer is? – Klaagliedere 4
Youtube 09:00 28 Junie 2020  Somerstrand Familiediens

Verwelkoming

Welkom van waar in die wêreld jy ook al af inskakel.

Psalm 148

Die mense wat die Eenjaar Bybelleesprogram van die begin van die jaar af volg, het vanoggend Psalm 148 gelees. ‘n Wonderlike lofpsalm.

Wat my tref in die Psalm is dat die Psalmis die Here loof vir die orde wat Hy in die skepping en die geskiedenis neergelê het. Trouens, hierdie orde in die heelal word sy wet genoem:

6 En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het ’n wet gegee wat geeneen oortree nie.”

Dieselfde geld die natuur – die aarde, die plante, die diere – en die mensdom in sy geskiedenis – oud en jonk, konings en regters. Alles en almal word in die Psalm opgeroep om Hom te loof en te prys.

Lament

Uit die res van die Bybel weet ons dat oral waar God se wet oortree word, word hierdie orde omvergewerp. Neem wanorde en chaos toe. En dit is uit hierdie belewenis van wanorde wat die klaagpsalms gebore is. Soos ons ook nou in die Klaagliedere van Jeremia hoor vanweë die ballingskap.

Soos Mark Vroegop sê:

Lament stands in the gap between pain and promise.” (Dark Clouds, Deep Mercy: Discovering the Grace of Lament deur Crossway – Learning to Lament).

Dit is juis omdat ons glo wat Psalm 148 sê, dat daar orde is, dat God ‘n wet gegee het, dat ons kan bid dat Hy die orde sal herstel, dat Hy die gaping tussen pyn en belofte sal uitwis.

Dit is waarom die Klaagliedere in die Bybel so belangrik is. Dit gee vir ons woorde vir wat ons beleef ook nou waar ons almal in die greep van hierdie Covid-19 pandemie is.

Klaagliedere

Ons lees hierdie week hoofstuk vier van die Klaagliedere van Jeremia waarin ons fokus op ons gevoel van uitlewering aan kragte buite ons beheer.

En waarin ons gaan hoor dat die doel agter hierdie ervarings is dat ons ons afgode van voorspoed en sukses vaarwel sal roep, en ons toevlug sal neem tot die enigste God wat ons kan help. Jy kan steeds my boek vir stiltetyd en kleingroepe op die webtuiste aflaai. (more…)

Continue ReadingWat doen jy as jy uitgelewer is? – Klaagliedere 04

Wat doen jy as jy hartseer is? – Klaagliedere 03

Klaagliedere van Jeremia
Tema: Wat doen jy as jy hartseer is? – Klaagliedere 3
Youtube 09:00 21 Junie 2020  Somerstrand Familiediens

Verwelkoming

Welkom van waar jy ook al inskakel in die wêreld. Die Youtube dienste is gewild. Ons het gemiddeld 341 kyke van ons Familiedienste om 09:00 tot dusver. Met ons aanddiens is dit gesamentlik 571 kyke ‘n Sondag. Dankie vir almal wat hieraan meewerk. Dit help ons nie net om hierdie tyd van inperking te oorbrug nie, maar skep waarskynlik ‘n nuwe manier van gemeentewees.

Covid-19

Ons is saam bly met dié wat hierdie week ‘n bietjie verligting gekry het met die oopstel van die gasvryheid en skoonheidsbedryf. Dit wis nie noodwendig die verliese uit nie, maar maak die moedeloosheid minder.

Ons is ook bly oor die eerste werklike stukkie goeie nuus oor behandeling wat mense in suurstof nood gaan help. Die pille word onder andere hier in die Metropool vervaardig. So, ons stad lewer ook ‘n bydrae waarvoor ons dankbaar is.

Aanhef lê egter nog voor en bid vir elkeen wat sukkel met die inperking en die gevolge vir hulle persoonlike, sosiale en ekonomiese lewe.

Mense bel my steeds om te weet wanneer ons met eredienste in die kerk begin. Dit is egter nog te vroeg om daarmee te begin. Ons is besig met ‘n Covid-19 bedryfsplan vir voorlegging aan die kerkraad. Ons vergader môreaand 22 Junie om 17:00. Ons sal die gemeente ingelig hou oor hoe ons planne ontwikkel.

Verjaarsdae

Jenny Troskie, Rehet van der Walt, Gerda van der Westhuizen en Karien Venter verjaar vandag. Baie geluk. Hulle name en nommers verskyn op die web. Bel en sê geluk. Die res van die week se verjaarsdae is ook op die web.

Behoeftes

Onthou die swart sakke vir ons Lent projek met klere wat julle kan aflewer by Jaco en Annemarie by Bognorstraat 6 enige tyd deur die dag.

Julle kan steeds kos bydra vir Theo se lysie en Elsje se ACVV lysie.

Bydraes vir die Noodsfonds is ook steeds welkom. Merk dit net “Noodfonds” as jy EFT.

Jy is welkom om, as jy weet van nood waartoe ons kan bydra, vir my te kontak. Ons sal dit diskreet hanteer.

Pulse

Ons het ons tweede informele erediens gehad verlede week. Die eerste diens het al 253 kyke gehad en die tweede een 207 teen Vrydag hierdie week.

Vanaand gaan dit oor Ouer-Kind verhoudinge met ds Wouter Olivier van La Rochelle gemeente in Bellville. Tema: Om die kombuistafel. 18:00 op dieselfde kanaal. Dit is ook in ‘n aparte playlist gesit om makliker daarby uit te kom. Skakels op die web, Whatsapp en Mailchimp.

Klaagliedere

Ons lees hierdie week hoofstuk drie van die Klaagliedere van Jeremia. Jy kan steeds my boek vir stiltetyd en kleingroepe op die webtuiste aflaai.

Youtube

Like sommer nou die Youtube kanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe knoppie. (more…)

Continue ReadingWat doen jy as jy hartseer is? – Klaagliedere 03

Wat doen jy as jy moedeloos is? – Klaagliedere 2


Klaagliedere van Jeremia
Tema: Wat doen jy as jy moedeloos is? – Klaagliedere 2
Youtube 09:00 14 Junie 2020  Somerstrand Familiediens

Verwelkoming

Die lidmate wat die Eenjaar Bybelleesprogram volg van die begin van die jaar af, het vanoggend Psalm 133 gelees. Hierdie Psalm gebruik die ideaal van broers uit dieselfde uitgebreide familie wat eensgesind saamwoon op hulle gesamentlike erfporsie as metafoor vir almal in die kerk:

“Kyk hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon.”

Waar die pelgrims uit alle rigtings bymekaar gekom het in Jerusalem het hulle saam hierdie lied gesing. Want, hulle was een in die Here. Die feeste in Jerusalem was die gom wat hulle saamgebind het, sodat hulle daarna weer elkeen in sy eie rigting kon teruggaan na hulle eie stukkie van die grondgebied van Israel, maar steeds verbind bly aan mekaar as een geloofsgemeenskap.

Hierdie erediens is die viering van ‘n diep geestelike eenheid tussen ons. God se seën versprei hier op ‘n besondere manier na almal van ons. Dit is soos kosbare reukolie wat van die kop af in die baard van Aäron, die hoëpriester, tot op sy klere afloop. Tot by ons.

Hierdie seën het ook ‘n impak op ons gewone lewe. Soos Psalm 133 in die tweede metafoor in die Psalm sê, die eenheid wat ons hier ervaar, is soos oorvloedige dou wat versprei na ons alledaagse lewe. Die seën wat ons hier ervaar verander selfs die ekologie en die ekonomie, só sê Psalm 133.

Die punt is, waar ons die Here eensgesind dien, waar ons al hoe meer groei in ons gehoorsaamheid aan Hom, daar beleef ons ‘n ongelooflike seën, geestelik en gemeenskaplik.

Dit is my gebed vir hierdie erediens, my gebed vir jou.

Lament

Dit is waarom ons vandag ook ons gesamentlike angs en vrees voor die Here bring. Want, hierdie uitmergelende tyd van inperking bring ons by lament. Ons is bewus van die moedeloosheid en die verlies. Ons kies om te fokus op ons emosies en behoeftes en dit na die Here te bring. Dit is ‘n tyd om tot stilstand te kom, om te treur met die wat treur, om te ween met die wat ween.

Ons praat met die God wat hoor, die God wat sien, die God wat ons seer in sy eie liggaam ervaar het. En ons kan ons eie seer voor God uitstort sowel as die seer van ons eie tyd: om geregtigheid, om genade, om uitkoms. (more…)

Continue ReadingWat doen jy as jy moedeloos is? – Klaagliedere 2

Wat doen jy as jy bang is? – Klaagliedere 1


Klaagliedere van Jeremia
Tema: Wat doen jy as jy bang is?
Youtube 09:00 7 Junie 2020  Somerstrand Familiediens

YOUTUBEBOEK

Verwelkoming

Ek begin met ‘n reeks oor Klaagliedere. Die vyf gedigte is geskryf net na die val van Jerusalem en die tempel in 586 v.C. Jeremia huil in hierdie boek hartroerend oor die toorn van God wat hy oor die land sien losbars het. In hartverskeurende detail brei hy uit oor die dodelike impak daarvan op die geloofsgemeenskap: “My oë is gedaan van huil, dit brand in my, my moed is gebreek …” (Klg 2:11)

Die vraag was brandende: Hoe kon God soveel ellende oor Sy volk laat kom? Waar laat dit hulle nou? Sou daar nog iets oor wees vir die toekoms? Wat kon hulle nou van God verwag? Sou daar ’n omkeer moontlik wees?

Dit is vrae wat ons ook vra oor die situasie waarin ons is. Vrae oor die verlies wat ons ervaar. Die ontwrigting. Die onsekerheid. Die toekoms.

Hoewel Jeremia vir ‘n ander tyd skryf, verwoord hy met sy Klaagliedere die hartseer en verydeling van die volk. Sy digwerk gee woorde aan die worsteling, gee redes vir die oordeelsvoltrekking. Daarom bring Jeremia met sy Klaagliedere uiteindelik ’n boodskap van hoop en troos vir die toekoms, terwyl hy ook nie wegskram daarvan om die valse teologie wat hulle tot ’n val gebring het, te ontbloot nie.

En hy leer ‘n nuwe lied oor die troue liefde van die HERE aan: “The steadfast love of the Lord never ceases.” En dit is waaruit ons kan leer hoe ons met die Here ‘n pad kan stap in sulke tye van ontwrigting.

Dit sal goed wees as julle die boek vir stiltetyd en in kleingroepe saam met my lees. Uiteraard is ons in ‘n ander situasie en is die redes vir die virus nie dieselfde as die redes vir die ballingskap in Jeremia se tyd nie. Maar daar is raakpunte met die lesse wat die volk moes leer.

Lees saam met my een hoofstuk ‘n week. Vir die volgende vyf weke. Stuur vrae en bydraes vir my. Dan werk ek dit in my prediking die volgende week in. Ek het dit net nodig voor Vrydag elke week.

Laai die boek af op die webtuiste en gebruik die tyd van die inperking wys. Om na te dink, maar ook ‘n nuwe lied aan te leer. (more…)

Continue ReadingWat doen jy as jy bang is? – Klaagliedere 1