Eboeke beskikbaar
Ek het ses van die Bybelboeke wat ek by Bybelskool.com behandel het in Eboeke omgeskakel. Hier is ‘n beskrywing van elkeen. Jy kan op enigeen klik en dit vir jou aanskaf by my Bybelskoolwinkel by Lulu.com.
Ek het ses van die Bybelboeke wat ek by Bybelskool.com behandel het in Eboeke omgeskakel. Hier is ‘n beskrywing van elkeen. Jy kan op enigeen klik en dit vir jou aanskaf by my Bybelskoolwinkel by Lulu.com.
Sondagaand 18:30 - 24 Mei - Johannes 4 - Pinksterdiens 2 Laai hier die mp3 klankbaan af. Verwelkoming Die grootste verskil wat die evangelie maak, lê nie in wat IN…
Johannes vertel van ‘n aantal Grieke wat ‘n hoë agting vir die Joodse geloof gehad het. Hulle het na die paasfees gekom om te aanbid. Met die groot intog van Jesus in Jerusalem op die rug van ‘n donkie, het hulle gedink: dié Jesus moet ons ontmoet! Hulle gaan praat toe met Filippus, moontlik omdat hy ’n Griekse naam gehad het en van Betsaida af gekom het, waar baie Jode vergrieks het en hulle kinders Griekse name gegee het. Filippus was ‘n ywerige volgeling van Jesus, wat met die aanvanklike roeping van Jesus sommer ook vir Natanael bygesleep het om Jesus te volg (Joh 1).
Filippus doen nou eintlik dieselfde, en gaan praat eers met Andreas, wat ook ‘n Griekse naam gehad en saam met Filippus en Petrus van dieselfde omgewing gekom het, en saam gaan vertel hulle toe vir Jesus van die wonderlike ding wat besig is om te gebeur: nie-Jode begin nou ook na Jesus toe kom.
Dié boodskap het Jesus soos ‘n skoot yskoue water getref. Want Hy het onmiddellik besef, “die tyd het gekom”. Die tyd vir die offer vir die verlossing van mense oor die hele wêreld het aangebreek.
Maar, al is hy baie bewus van wat dit gaan kos, ‘n kruis, praat Hy daaroor as ‘n verheerliking (doxazō). Hoekom? Want deur die dood sien Hy ook die opstanding en die verlossing van die kosmos.
Laai die hele erediens hier af.