As jy nóú swyg … Ester
Stilte kan slegte gevolge hê
Daar kom ‘n tyd wat ‘n mens moet praat. Wanneer jy dit nie langer kan vermy nie. Wanneer stilte slegte gevolge kan hê.
Ek onthou ‘n paar tye in my lewe waar ek op ‘n verkeerde pad was. ‘n Keer ook ‘n domastrante pad. En daar was mense wat genoeg omgegee het om my te waarsku. “Caring enough to confront,” was my behoud. My ma. My tuis predikant. ‘n Vriend. My vrou.
Soms is dit eenvoudige woorde wat nodig is. Want dit is eenvoudige situasies. Soms nie. Soms is dit komplekse situasies waar woorde geweeg en getoets moet word.
Om te praat, is egter nooit maklik nie. Nie vir die een wat moet luister nie. Nie vir die een wat moet praat nie. Maar, ‘n mens kan dit nie vermy nie. Daar kom ‘n tyd wat ‘n mens moet praat.
Natuurlik moet ‘n mens die styl kies van die Skrif. “‘n Sagte antwoord laat woede bedaar.” (Spr 15:1). Maar daar is ‘n tyd wanneer stilbly nie meer ‘n opsie is nie. (more…)