
Jaar van die Bybel 2020
Tema: Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5
Somerstrand 10 Mei 2020
Verwelkoming
Dit is al ses weke!
Aan die een kant raak ‘n mens nou al gewoond aan die situasie. Is jy bly dat jy darem ‘n bietjie kan stap, draf of fietsry. Al is ‘n masker ‘n moeilike ding! En daar is ‘n bietjie meer lewe in die sentrums en op die paaie.
Aan die ander kant dink ‘n mens al hoe dieper oor wat regtig aangaan. Die globale inperking van nuus wat met die heersende narratief verskil, is onrusbarend. In plaas daarvan dat ons geleer word hoe om die waarheid van die valsheid te onderskei, word ons gedwing om net een weergawe te hoor.
Daar is egter min wat ‘n mens daaraan kan doen. Waaraan ons wel kan werk, is om onsself ingelig te hou. Om nie alles vir soetkoek op te vreet nie, maar dieper vrae te vra. Na verskillende stemme te luister.
Dit is immers wat die reeks oor die eerste brief van Petrus ons leer. Saam met die opdrag om steeds bly te wees in die Here, en te smag na die waarheid, die Woord van God, en te fokus op eensgesindheid, wil Petrus ons hierdie week aanspoor om die wil van die Here te soek en daarvoor te leef.
Pinkster 2020 – “Ek kom gou!”
Die boek Openbaring is die belangrikste boodskap wat Jesus Christus aan sy kerk gegee het in ’n openbaring aan Johannes. Dit is aan die een kant die testament van sy nalatenskap aan ons, maar aan die ander kant ook sy agenda met die verlossingsplan vir die wêreld.
“Ek kom gou!” Dit is die boodskap van Jesus met Pinkster 2020. Dit is die hart van sy Openbaring aan die kerk van die eeue. “Ek kom gou!”
Die seëls is gebreek. Die trompette blaas. Die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Die bruilofsfees van die Lam en sy bruid is amper daar. Die nuwe hemel en aarde is amper voltooi.
Bid saam met die Gees en die kerk van die eeue: “Amen! Kom, Here Jesus!”
Ons begin op Hemelvaart 21 Mei 18:30. Ons sit dit voort vir 10 dae om 18:30 behalwe vir die twee Sondae wat die diens om 09:00 is. Ek stel volgende week by die erediens ‘n boek bekend wat jy vir jou stiltetyd kan gebruik gedurende Pinkster. Jy kan só die hele Openbaring deurwerk.
Ek gee die temas op die webtuiste.
- Jesus kom weer – Hemelvaart 21 Mei 18:30 – Openbaring 1
- Bly getrou – 24 Mei 09:00 – Openbaring 2
- Bekeer julle – 24 Mei 18:30 – Openbaring 3
- God se agenda vir die heelal en die sewe seëls – 25 Mei 18:30 – Openbaring 4-7
- God se agenda vir die kerk en die sewe trompette – 26 Mei 18:30 – Openbaring 8-11
- God beskerm sy kerk – 27 Mei 18:30 – Openbaring 12-15
- God bevry sy kerk met die sewe bakke – 28 Mei 18:30 – Openbaring 16-18
- Die bruilof van die Lam breek aan – 29 Mei 18:30 – Openbaring 19-20
- God skep hemel op aarde vir sy volk – Pinksterdag 31 Mei 18:30 – Openbaring 21-22
Skakel in by NG Kerk Somerstrand se Youtube kanaal.
Doen daagliks Bybelstudie uit Chris se boek: “Ek kom gou!”
(more…)