Handelinge 2:42 – Die Connect Faktor – Son 2 Nov 08

Ek wil julle vandag vir ‘n toer deur die boek Handelinge neem, veral die eerste 10 hoofstukke.  Ek wil wys hoe die eerste Christene geestelik gegroei het as ‘n aansporing en motivering vir jou eie reis met God en met ons. En ek gaan drie fases uitlig: Connection (onderlinge verbondenheid); Inoefening; Bediening.  
En ek besef, die boodskap is op een vlak, baie basies, maar op ‘n ander, ongelooflik beslissend.

Ons maak die fout om te praat hieroor asof dit opsioneel is, asof die onderlinge verbondenheid ‘n keuse is, asof ons aan Jesus kan glo, en nie onderling verbonde hoef te lewe nie, en daarby nie hoe te oefen in die leerskool van die gemeente nie, en nie hoef te groei tot ‘n bediening nie. En so misverstaan ons en verraai ons die evangelie.  Dwight Moody het gesê: “Christene se lewe is die wêreld se Bybel – en sommige van dié “uitgawes” het hersiening nodig.

EERSTE FASE: CONNECTION

Die verhaal begin met Jesus se hemelvaart en die belofte van die Heilige Gees.  “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees ...” (1:8)

En wat doen die dissipels – hulle is dadelik terug Jerusalem toe en “het almal eensgesind volhard in die gebed ...” (1:14)

Toe die dag van die Pinksterfees aanbreek, was hulle dus almal op een plek bymekaar.  En hulle ervaar die wonder vervulling met die Heilige Gees, tonge van vuur wat op elkeen kom en hulle tonge aan die brand steek om van die groot dinge wat God gedoen het, te vertel.

En as 3000 mense tot bekering kom by die aanhoor van dié getuienis, lees ons in 2:42: “Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels (die didage), en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.”

En let op – die meeste van die groot dinge wat met die eerste kerk gebeur, gebeur waar hulle saam is, waar hulle saam bid, waar hulle saam eet, waar hulle saam bedien. 

Continue ReadingHandelinge 2:42 – Die Connect Faktor – Son 2 Nov 08

Johannes 12:22-26 – Son 19 Okt 08

Johannes vertel van ‘n aantal Grieke wat ‘n hoë agting vir die Joodse geloof gehad het.  Hulle het na die paasfees gekom om te aanbid.  Met die groot intog van Jesus in Jerusalem op die rug van ‘n donkie, het hulle gedink: dié Jesus moet ons ontmoet!  Hulle gaan praat toe met Filippus, moontlik omdat hy ’n Griekse naam gehad het en van Betsaida af gekom het, waar baie Jode vergrieks het en hulle kinders Griekse name gegee het.  Filippus was ‘n ywerige volgeling van Jesus, wat met die aanvanklike roeping van Jesus sommer ook vir Natanael bygesleep het om Jesus te volg (Joh 1).

Filippus doen nou eintlik dieselfde, en gaan praat eers met Andreas, wat ook ‘n Griekse naam gehad en saam met Filippus en Petrus van dieselfde omgewing gekom het, en saam gaan vertel hulle toe vir Jesus van die wonderlike ding wat besig is om te gebeur: nie-Jode begin nou ook na Jesus toe kom.

Dié boodskap het Jesus soos ‘n skoot yskoue water getref.  Want Hy het onmiddellik besef, “die tyd het gekom”. Die tyd vir die offer vir die verlossing van mense oor die hele wêreld het aangebreek.

Maar, al is hy baie bewus van wat dit gaan kos, ‘n kruis, praat Hy daaroor as ‘n verheerliking (doxazō).  Hoekom?  Want deur die dood sien Hy ook die opstanding en die verlossing van die kosmos.

Laai die hele erediens hier af.

 

Continue ReadingJohannes 12:22-26 – Son 19 Okt 08