God is BARMHARTIG – Psalm 112

God-give-me-strenght
O God give me strength – Lied uit The Insanity of God

Ek is dié week diep in my hart getref deur die verhaal van Dmitri, soos vertel deur Nik Ripken (luister na die verhaal by hierdie skakel).

Dmitri het grootgeword in die tyd toe die kommunisme dit baie moeilik gemaak het vir gelowiges en veral kerke om in Rusland te oorleef.  Sy pa het hom nog kerk toe geneem en geleer om die Bybel te lees en die liedere te sing van hulle kerk, maar dit het toenemend moeiliker geraak om kerk toe te gaan, omdat die regering die kerke toegemaak het.

Later was dit vir hom en sy gesin, vrou en twee kinders, net moontlik om een of twee keer ‘n jaar kerk toe te gaan.  Hy was ‘n fabriekswerker en die naaste kerk was later drie dagreise ver.

Hy het egter besluit om die Bybelverhale vir sy kinders te lees en só die Bybelse boodskap lewend vir hulle as gesin te hou.  Dit was groot pret en die seuns het lustig deelgeneem om ook self die verhale te vertel, en die liedere wat hulle pa hulle geleer het, te sing.

Gou het van die bure besluit om saam te kom luister, sodat hulle later ‘n groep van so 25 was wat een keer ‘n week saamgelees en gesing het.  Die owerhede het bewus geraak daarvan, hom gewaarsku, en uiteindelik het hy sy werk verloor toe die groep so 50 sterk was. Maar, hulle het voortgegaan al het ook sy vrou haar werk as onderwyser verloor en die kinders uit die skool geskop is.  Dmitri praat daarvan as “klein dingetjies” wat met hulle gebeur het.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS – Teks in WORD aan einde van bydrae – Afrikaans and English

(more…)

Continue ReadingGod is BARMHARTIG – Psalm 112