Ek sal julle rus gee – Matteus 11:25-30
Jaar van die Bybel Tema: Ek sal julle rus gee – Matteus 11:25-30 Somerstrand 12 Julie 2030 Youtube 09:00
Verwelkoming
Welkom van waar in die wêreld jy ook al af inskakel.
Die mense wat in Februarie met die Psalms begin het, het vanoggend Psalm 117 gelees. Dit is die kortste Psalm, trouens die kortste hoofstuk in die Bybel. Dit is ook die middelste hoofstuk in die Protestantse Bybel. Daar is 594 hoofstukke daarvoor en 594 hoofstukke daarna, in totaal 1 189 hoofstukke met Psalm 117 ingesluit.
Die Psalm is eintlik net een lang sin.
1 Loof die HERE, alle nasies, besing Hom, alle volke, 2 want magtig oor ons is sy troue liefde, ja, die trou van die HERE is vir ewig. Halleluja!
Die Psalm roep alle nasies saam met die Godsvolk op om God te prys en wel om twee redes.
- GOD SE LIEFDE IS ONMEETLIK HOOG. Peterson vertaal dit só: “His love has taken over our lives.” (The Message).
- GOD SE TROU IS ONEINDIG WYD. Daar IS geen einde aan God se trou is nie. Soos God se liefde se “hoogte” oorweldigend groot is, is sy trou iets waarvan ‘n mens nie by die einde daarvan kan kom nie.
Dit asof God se liefde as ‘n vertikale werklikheid geteken word, en sy trou as ‘n horisontale werklikheid. Sy trou kom vanuit die oneindigheid van die ooste en strek tot die oneindigheid van die weste. Dieselfde van die suide af tot in die noorde. Daar is geen einde aan God se trou nie.
En as jy dié twee dinge saamgooi, sy groot liefde, en sy oneindige trou, kan ‘n mens dit só opsom: God is oneindig betroubaar in sy onmeetlike liefde vir ons. Daarom moet God geprys word.
Geluk Jolanda Broodryk en Eli du Preez. Geluk ook aan Jean Le Roux (12).
Kategese
Ons skakel vir die laerskool kategese in die tyd van die inperking in by die Lofkabouters van ds Thania Boha van PE Hoogland. Vandag is dit B vir Bybel in haar Geloofsalfabet. Gebruik die 10 minute aanbieding vir gesprek en aktiwiteite met julle kinders. Geniet! https://youtu.be/JaPtQOPNyok
Behoeftes
Onthou die kos en klere projekte wat ons deurlopend hardloop. Bydraes vir Jaco en Annemarie Barnard by Bognorstraat 6 en vir Theo by Total en Elsje en Cecile. Bydraes vir die Noodfonds is ook steeds welkom.
Pulse
Ons informele erediens vanaand, Pulse, gaan weer oor die tema van Seks: Wat sê die Bybel? Net vir bo-13’s. Ouers kan met die lied ná die kindertyd hulle kinders onder-13 net verskoon. Ds Pieter Nel van Hoogland gaan dit hanteer.
Youtube
Teken sommer nou in op die Youtube kanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe knoppie. Jy kan notifications ook aansit sodat jy kennis kan kry van elke volgende video.
Onthou die kleiner formaat video of die klankbaan. Die skakels is op Whatsapp, nuusbrief, web en Facebook beskikbaar.
Votum en Seëngroet
28Kom na My toe, almal wat moeg is en swaar dra aan laste, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus vind. 30Want my juk is sag en my las is lig.” (Matt 11:25-30 – ASV)