Lukas 2:1-20 – Vrede op aarde
“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae.” Dit staan in die sentrum van die Kersverhaal. Die woorde is die basis van ‘n lied wat in baie kerke veral gedurende Kersfees gesing word en wat ons ook vandag aan die einde gaan sing. Dié engelelied word dikwels afgekort, deur bloot te verwys na Gloria in Excelsis of slegs Gloria.
Saam met Christene uit byna alle kerklike tradisies oor die wêreld sing ons as Gereformeerdes elke Kersfees: “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae.”
Hoekom? Want, dit is wat ons raaksien in die verhaal oor die geboorte van ons Here Jesus Christus. Sy geboorte handel oor sy vrede wat deurbreek op die aarde.
- Dit handel oor die vrede wat daar met God kom deur sy versoeningsdood aan die kruis. Dit handel oor die las van sonde wat van ons skouers afval. Dit handel oor die vryheid wat ons ervaar deurdat God ons skuld afskryf, en ons in ‘n vrymoedige verhouding met Hom bring.
- Dit handel ook oor die vrede wat daar tussen mense van baie verskillende agtergronde kom in die kerk wat die Here in Jerusalem en wyer van die bekende wêreld van daardie tyd skep. Hy maak van vyande vriende. Hy breek die muur van skeiding af tussen Jood en heiden, tussen Griek en Romein, tussen slaaf en vryman. Hy skep ‘n gemeenskap waarin vreedsame naasbestaan ‘n werklikheid word.
Hier volg die hele erediens: (more…)