Johannes 1:1-14 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
In die begin was die Woord
Johannes begin sy evangelie nie by Jesus se geboorte nie. Hy begin nie met ’n geslagsregister wat Jesus binne die geskiedenis van die mensdom en die Jode sou plaas nie – anders as Matteus. Hy begin nie met die verhaal van Johannes die Doper wat in vervulling van die profesieë van Jesaja die wegbereider vir Jesus was nie – anders as Markus. Hy begin nie met ‘n sorgvuldige geskiedenis van die eerste eeu sodat ‘n mens Jesus binne sy eie tyd kan verstaan nie – anders as Lukas.
Nee, Johannes begin by God se tyd, die ewigheid. Hy begin vóór die geskiedenis. Vóórdat daar enigiets was. Vóórdat daar selfs iets was soos tyd. “In die begin was die Woord … en die Woord was by God … en die Woord was God … Hy was in die begin by God.” (Joh. 1:1-2).
Vóórdat daar tyd en ruimte en materie was, was die Woord. En die Woord was by God. En die Woord was God.
Dink ‘n bietjie hieroor na. Jesus is nie maar net die Kind in die krip nie. Hy is nie ook maar net die Koning aan die kruis nie. Hy is die Woord van God. Hy was van die begin af by God. Hy is God. Hy bestaan van altyd af. Hy is vóór alles. Hy sal tot in alle ewigheid God wees.
Ongeskape. Onvergelyklik. Onteenseglik. God.
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: