Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3

Laai hier die mp3 klankbaan af. Terugvoer Ons leer deur ons eie stories te vertel. Blote kennis help nie regtig baie ver nie.  'n Mens moet saam met die kennis…

Continue ReadingHandelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3

Handelinge 2:42 – Die Connect Faktor – Son 2 Nov 08

Ek wil julle vandag vir ‘n toer deur die boek Handelinge neem, veral die eerste 10 hoofstukke.  Ek wil wys hoe die eerste Christene geestelik gegroei het as ‘n aansporing en motivering vir jou eie reis met God en met ons. En ek gaan drie fases uitlig: Connection (onderlinge verbondenheid); Inoefening; Bediening.  
En ek besef, die boodskap is op een vlak, baie basies, maar op ‘n ander, ongelooflik beslissend.

Ons maak die fout om te praat hieroor asof dit opsioneel is, asof die onderlinge verbondenheid ‘n keuse is, asof ons aan Jesus kan glo, en nie onderling verbonde hoef te lewe nie, en daarby nie hoe te oefen in die leerskool van die gemeente nie, en nie hoef te groei tot ‘n bediening nie. En so misverstaan ons en verraai ons die evangelie.  Dwight Moody het gesê: “Christene se lewe is die wêreld se Bybel – en sommige van dié “uitgawes” het hersiening nodig.

EERSTE FASE: CONNECTION

Die verhaal begin met Jesus se hemelvaart en die belofte van die Heilige Gees.  “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees ...” (1:8)

En wat doen die dissipels – hulle is dadelik terug Jerusalem toe en “het almal eensgesind volhard in die gebed ...” (1:14)

Toe die dag van die Pinksterfees aanbreek, was hulle dus almal op een plek bymekaar.  En hulle ervaar die wonder vervulling met die Heilige Gees, tonge van vuur wat op elkeen kom en hulle tonge aan die brand steek om van die groot dinge wat God gedoen het, te vertel.

En as 3000 mense tot bekering kom by die aanhoor van dié getuienis, lees ons in 2:42: “Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels (die didage), en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.”

En let op – die meeste van die groot dinge wat met die eerste kerk gebeur, gebeur waar hulle saam is, waar hulle saam bid, waar hulle saam eet, waar hulle saam bedien. 

Continue ReadingHandelinge 2:42 – Die Connect Faktor – Son 2 Nov 08