Fil 3:3-14 – Son 5 Okt 08
WANNEER HET IETS VIR JOU WAARDE?
Sommige sielkundiges sal vir jou sê: As iets ‘n behoefte vervul.
Dit kan wees dat dit baie basies is, soos kos of klere of veiligheid, of meer gevorderd, soos ‘n werk, ‘n familie of ‘n vriendekring.
Interessant is dat Abraham Maslow al in die 40er jare van die vorige eeu gewerk het met ‘n tipe waarderende benadering, deur gesonde mense te ondersoek, nie siekes nie, waaruit hy sy bekende hiërargie van behoeftes uitgewerk het. Terloops: Sommige navorsers het wel bevind dat sy spesifieke hiërargie nie empiries gestaaf kan word nie en gevolglik gesê, dis: “nothing more than a fool's daydream”, maar die idee van behoeftes en ‘n hiërargie daarvan is tog steeds geldig.
Of iets kan vir jou van waarde wees as dit die behoefte aan harmonie en balans vervul – soos Carl Jung daaroor geskrywe het – of die behoefte dat jou lewe betekenis het – soos Victor Frankl daaroor geskrywe het.