Lukas 24:13-35: Erediens – Leef met kantlyne – Son 17 Oktober 2010
Hierdie kwartaal fokus ons op gasvryheid. Dit is hoe gestuurde gemeentes leef! En ons wil spesifiek gasvry wees oor ouderdoms- en generasie-grense.
Vanoggend se tema is: Leef met kantlyne.
Ons gebruik die verhaal van Abraham en sy 3 besoekers in Gen 18 vir die familietyd, en Jesus en die Emmaus-gangers in Lukas 24 vir die Woordverkondiging. Die punt wat die preek maak, is dat God ons roep om ruimte te maak in ons lewens vir ander, deur onsself te beperk en ander te bederf.