Reveal – Where are you?

NAVORSING

(Lees die volledige opsomming hier)
Reveal - Where are you?Met
die naderende voltooiing van Willow Creek se ambisieuse bouprojek in
2003, het die leierskap van Willow met ‘n strategiese proses begin om
God se wil vir die toekoms te onderskei.

Drie vrae het hulle strategiese proses gestruktureer:

  1. Waar is ons?
  2. Wat sien ons?
  3. Hoe kom ons daar?  

Hierdeur wou hulle die:

  1. huidige realiteit definieer,
  2. ‘n nuwe visie en
  3. aksieplan vir die toekoms ontwikkel.

In 2004 is die navorsingsprojek van stapel gestuur, gelei deur:

  • Greg Hawkins – uitvoerende pastor van Willow Creek Community Church sedert 1996,
  • Cally
    Parkinson – aanvanklik direkteur kommunikasie by Willow en tans “brand
    manager” van REVEAL wat hulpmiddels vir gemeentes rondom dié navorsing
    ontwikkel, en
  • Eric Arnson – voorheen by McKinsey & Company, en tans van ORIGINATE, ‘n navorsing en strategie konsultasie maatskappy.  

Die
doel was om die geestelike lewe (hart) van hulle lidmate beter te
verstaan sodat Willow die lidmate beter kan help om geestelik te groei.

Een van die sentrale konsepte wat Eric in die navorsing gebruik het, was die idee van “predictiveness”.

Dit
is ‘n meetinstrument wat in verbruikersnavorsing gebruik word om vas te
stel: “the degree to which we can predict whether or not someone is
likely to behave in a certain way or to try a new product.”  ‘n Hoë
korrelasie tussen houdings en gedrag is “predictiveness”, waaruit
segmente (groepe mense met gemeenskaplike eienskappe) geëkstrapoleer
kan word.  

Met hierdie voorspelbare segmente as lens, kan
dan gekyk word na wat mense van hulle gemeente verwag en wat hulle
nodig het om geestelik te groei.
Willow se hoop was dat hulle
daardeur geleenthede kan identifiseer vir nuwe gemeentelike inisiatiewe
en bedieningsaktiwiteite wat ontwerp kan word om te dien as
katalisators van groei op die geestelike reis.

Die leidende vraag was die vraag van God aan Adam: “Waar is jy?”

Die
vraag is gebruik as lens om hulle “working definition of spiritual
growth” te meet: “An increasing love for God and for other people”
geformuleer uit Jesus se samevatting van die wet in Matteus 22:37-39.

Hiermee
wou hulle verder beweeg as om groei net aan getalle te meet, bv. groei
in erediens bywoning of inskakeling by ‘n kleingroep.  Hulle wou die
hart van hulle mense beter verstaan en ‘n manier kry om dít te meet.

Drie hipoteses het hulle navorsing gestruktureer:

  1. Daar is ‘n stygende baan van geestelike groei wat verbind is aan kerklike aktiwiteite.
  2. Die mees effektiewe evangelisasie instrument is ‘n geestelike gesprek.
  3. Geestelike verhoudings is ‘n kern drywer van geestelike groei.

Dit was ‘n omvattende navorsingsprojek oor ‘n tydperk van 3 jaar, wat die volgende ingesluit het:

  • 6000 vraelyste deur Willow Creek erediens bywoners in 2004.
  • 300 vraelyste deur mense wat Willow Creek in 2004 verlaat het.
  • 5000 vraelyste deur Willow Creek erediens bywoners sowel as 6 ander (divers saamgestelde) gemeentes in die VSA in 2007.
  • 120 in-diepte individuele onderhoude oor mense se geestelike lewe (2004 en 2007).
  • Skrifstudie en meer as ‘n 100 boeke en artikels oor geestelike vorming en menslike ontwikkeling.
  • Konsultasie met eksperte in die area van geestelike groei.

 

RESULTATE

WAT HULLE NIE GEVIND HET NIE

  1. Gender speel nie ‘n betekenisvolle rol in geestelike groei nie.
  2. Ouderdom speel nie ‘n betekenisvolle rol in geestelike groei nie.
  3. Die patrone van geestelike groei verskil nie betekenisvol tussen gemeentes nie.

SES BEVINDINGS

  1. Betrokkenheid
    in gemeentelike aktiwiteite voorspel of bepaal nie langtermyn
    geestelike groei nie.  Maar daar is ‘n geestelike ontwikkelingspad
    (spiritual continuum) wat baie voorspelbaar en kragtig is – ‘n
    groeiende verhouding met Jesus Christus.
  2. Geestelike groei het
    alles te make met ‘n groeiende nabye verhouding met Christus.  Die
    navorsing suggereer dat dié groei deur twee dinge bevorder word: 1) die
    gemeente en 2) persoonlike geestelike praktyke
  3. Die gemeente is
    die belangrikste in die vroeë stadia van geestelike groei.  Daarna
    skuif die rol van die gemeente van ‘n primêre invloed na ‘n sekondêre
    invloed.
  4. Persoonlike geestelike praktyke is die boublokke van
    ‘n Christus-gesentreerde lewe.  Gelowiges het God nodig en soos
    gelowiges geestelik groei neem die invloed van die gemeente af, en lei
    dit Willow tot die gevolgtrekking dat mense nie nodig het om
    gepamperlang te word in die latere stadiums van geestelike groei nie.
  5. Die
    gemeentes se mees aktiewe evangeliste, vrywilligers en donateurs kom
    van die meer gevorderde geestelike segmente.  Dit is een van die
    belangrikste bevindings, want dit deurbreek die aanname dat evangeliese
    ywer die hoogste is in die eerste fase van iemand se geloofsreis.
  6. Meer
    as 25% van die deelnemers aan die ondersoek het hulleself beskryf as
    gestagneer of ontevrede met die rol van die gemeente in hulle
    geestelike groei.

REFLEKSIE OOR HIPOTESES

Willow se drie hipoteses is as volg deur die resultate verander:

  1. Daar
    is ‘n stygende baan van geestelike groei wat nie verbind is aan
    gemeentelike aktiwiteite nie, maar aan ‘n persoon se verhouding met
    Jesus Christus.
  2. Die mees effektiewe evangelisasie instrument is om Christus-gesentreerde mense te motiveer.
  3. Geestelike verhoudings is ‘n kern drywer van geestelike groei net in die vroeë stadia van geestelike groei.

(Lees die volledige opsomming hier)

Chris

Ek is gemeenteleraar by NGK Somerstrand Port Elizabeth. Ek het twee passies in die lewe: om God en mense met my gawes te bedien. Jy kan my volg by Bybelskool.com, Facebook en Twitter.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.