Verkondig met vrymoedigheid – Handelinge 4:23-31

Die Christen straatprediker Oluwole Ilesanmi is onlangs gearresteer in London, omdat hy die evangelie verkondig het. Die polisie het die Bybel uit sy hand uit geruk en hom kilometers ver daarvandaan afgelaai, sonder geld en sonder sy Bybel. Net omdat hy die evangelie in die openbaar op ‘n straathoek verkondig het.

Oluwole het wel ‘n week terug sy saak gewen teen Scotland Yard, met die ondersteuning van die organisasie Christian Concern, en hulle het hom ‘n paar pond gegee vir sy onregmatige arrestasie.

Die vraag is egter of hy dit weer sal doen. En ander straatpredikers?

Wat sou jy doen?

Dit is ‘n situasie waarin die eerste gemeente hulle ook bevind het.

Hulle was al ‘n gemeente van 5 000 lidmate wat ‘n groeiende impak op Jerusalem gehad het, waar wonderwerke amper daagliks gebeur het. Hulle het in die tempel gepreek. Op die strate gepraat.

Skielik word hulle leiers egter in die tronk gegooi. Hulle publieke stem word brutaal stilgemaak. Hulle word beveel om op geen manier hoegenaamd verder oor Jesus in die openbaar te praat of mense te onderrig in die evangelie nie. Nie in die tempel nie. Nie op die strate nie.

Die gevaar was groot dat almal glossofobie ontwikkel – die vrees waaraan een uit elke vier mense lei – die vrees om in die openbaar te praat.

Wat gaan hulle nou doen?

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

English translation: Proclaim boldly (more…)

Continue ReadingVerkondig met vrymoedigheid – Handelinge 4:23-31

Vertrou die Helper – Johannes 14-16

Hoe dink jy oor die Heilige Gees?

Ek onthou hoe ek direk na my bekering ‘n boekie gelees het, iets soos die Oorvloedige Lewe. Dit het gegaan oor die vervulling met die Heilige Gees. Ek onthou goed as jong tiener die ervaring van geluk en vrede wat ek gehad het in my aanvanklike bewuswording van die Heilige Gees.

Dit is hoe baie mense die Heilige Gees ervaar. Sommige beskryf vervulling as ‘n stroom van onuitputlike liefde. Ander as ‘n tot rus kom in jouself. Ander as ‘n vrede wat jou verstand te bowe gaan.

Tog, het ek later van ander groot manne en vroue se ervaringe met die Heilige Gees gelees wat my laat wonder het, mis ek nie iets nie? Veral in die boek They Found the Secret: Twenty Lives That Reveal a Touch of Eternity.

Daarin is die wonderlike verhale van onder andere Hudson Taylor, Charles Finney, Dwight Moody, Andrew Murray, en Eugenia Price. Hulle verhale het my geïnspireer, maar ook laat wonder. Mis ek nie iets nie, want my ervaring was baie keer so ‘n bietjie op en af. Soms baie bewus. Soms ‘n bietjie minder.

Miskien het jy ook al gewonder?

Deur die jare het ek ook ervarings gesien wat my heeltemal teen die bors stuit. Die Toronto Blessing van mense wat in ‘n beswyming gaan, aan die hardloop gaan, weird en selfs skokkende dinge doen. Kyk maar net na die videos van mense soos Benny Hinn waar mense platgedruk word en aan die bewe gaan, soms heeltemal onbeheerbaar.

En dan wonder ‘n mens wat is die waarheid?

Wie is die Heilige Gees? Hoe werk vervulling? Wat kan jy verwag?

Begin by God se Openbaring

Dit is altyd belangrik om by die openbaring wat God vir ons gegee het, te begin. Om te begin met wat God vir ons in sy Woord openbaar het. Dan voorkom ‘n mens dat jy mislei word.

Wie is die Heilige Gees? Wat doen Hy? Wat leer ons in die Bybel?

Daar is drie aspekte van die Gees se werk wat ek wil uitlig in die OT. Daar is uiteraard meer.

Download the English Translation: Trust the Helper – John 14

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: (more…)

Continue ReadingVertrou die Helper – Johannes 14-16

Julle is die sout vir die aarde – Matteus 5:13-16

Wat is jou idee van ‘n geseënde en gelukkig lewe?

In die fliek The Pursuit of Happyness is geluk vir Chris Gardner (Will Smith) om ‘n lewe te kan maak waarin hy vir hom en sy seun ‘n toekoms kan verseker. Waarin hy ook ‘n Ferrari kan besit. En hy hét geluk gevind in die besigheidswêreld. Sy droom om bó uit te kom, is bewaarheid.

In die Bergrede spel Jesus sy idee van ‘n geseënde en gelukkige lewe uit. Julle ken dit goed. Maar veral die laaste een verras ‘n mens nogal:

“Geseënd is julle wanneer die mense julle om My ontwil beledig en vervolg en vals beskuldig van alles wat sleg is. Wees bly en jubel omdat julle beloning groot is in die hemele. Hulle het immers die profete vóór julle net so vervolg.”

Geluk lê in beledigings, vervolgings, en beskuldigings! Wees bly en jubel! Regtig?

Die verklaring hiervoor lê in wat Jesus net daarna sê, oor sout en oor lig.

Download the English Translation: You are the salt of the earth – Matthew 5_13-16.docx

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingJulle is die sout vir die aarde – Matteus 5:13-16

Leef deur die Gees – Galasiërs 5:13-26

Wie het Finding Nemo gesien?

Bruce is ‘n groot wit dood haai in die fliek. Hy is die leier van die Vis-vriendelike Haaie-ondersteuningsgroep wat vriende maak met Marlin, Nemo se pa, die anemoonvis, en Dory, die doktersvis, wie se geheue haar so in die steek laat.

By een van sy Vis-vriendelike Haaie-ondersteuningsgroep sessies – geskoei op Alkoholiste Anoniem se 12 stap program – word Marlin en Dory saamgenooi met twee ander haaie, Anchor en Chum. Dit is immers die viering van stap 5: Bring ‘n vis-vriend.

Ongelukkig kom daar ‘n bietjie bloed in die water en Bruce se natuurlike instinkte skop in. Sy oë verander van helderblou tot donkerswart en hy wil met alle mag en geweld sy nuutgevonde vis-vriende, Marlin en Dory, opeet. Dit is net met moeite wat Marlin en Dory aan dié bloeddorstige wit dood haai ontkom.

Bruce is ‘n goeie siel. ‘n Aangename haai. Hy is vrolik, vol grappies, almal se pel. “Visse is vriende, nie voedsel nie,” so herinner Bruce homself telkens. Maar sy persoonlikheid verander die oomblik wanneer sy instinkte inskop, en dit maak van hom ‘n “mindless eating machine”.

Instink is sterker as afrigting

Nou, dit is maar ‘n fliek. Maar, in die werklike lewe is dit steeds ‘n realiteit. Instink by wilde diere is doodgewoon sterker as enige afrigting. Jy kan ‘n dier tem, maar jy kan nooit heeltemal die instink beheer nie. As jy weghardloop van ‘n cheetah, selfs in ‘n beheerde omgewing, sal hy jou probeer vang.

Dit is nie anders in die geestelike lewe nie. Ons leef in ‘n wêreld wat van God afvallig geraak het. In ‘n wêreld wat leef asof Hy nie bestaan nie. En die suigkrag van hierdie sondige wêreld kom nie net van buite af na ons toe nie. Dit is binne ons. Dit is deel van ons. Dit is deel van ons sondige natuur.

Ons het deel gekry aan God se natuur. Watter genade! So het ons in 2 Petrus 1 gelees. Maar die sondige natuur bly steeds lewendig in ons. En God se natuur en ons sondige natuur is in ‘n voortdurende konflik met mekaar. Soos ek met die grafika probeer illustreer. Die water en die vuur in stryd met mekaar in ons harte.

Wat is die oplossing?

Wat is die oplossing dan vir die konflik binne ons? Hoe kry ons dit reg dat ons nie kop verloor soos Bruce, die groot wit dood haai, nie.

Kom ons lees wat Paulus daaroor skryf in Galasiërs 5:

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Download the English Translation: Live by the Spirit – Galations 5_13-26 (more…)

Continue ReadingLeef deur die Gees – Galasiërs 5:13-26

Bou jou geloof – 2 Petrus 1:1-11

Petrus beskryf die eerste lesers van sy brief as “dié wat dieselfde kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van ons God en die Verlosser, Jesus Christus.” Een van die belangrikste dinge wat hulle ontvang het, is dieselfde kosbare geloof as wat die ander kinders van die Here ontvang het.

Dit is immers waar ons lewe met God begin, wanneer ons die genade ontvang om in Hom te glo.

En dit is belangrik om te besef dat hierdie geloof nie soseer iets is wat ‘n mens doen nie. Hierdie geloof is iets wat ons van God af ontvang. Geloof is die werk van God in ons hart, sê Petrus. Geloof is iets wat jy ontvang, iets waarvoor jy nie kan werk nie.

Ons weet uit ander dele van die Skrif dat ons geloof ontvang wanneer ons luister na God se Woord, soos Paulus uitvoerig op verskillende plekke skrywe, bv Romeine 10. Geloof kom wanneer die Woord van God só ‘n impak maak op jou hart dat jy nie anders kan as om te sê, ja, Here, ek glo in U. Hoe weet ‘n mens nie altyd nie, maar dat jy glo, dít weet jy. Dit is ‘n diep wete in jou hart.

Geloof moet groei

Maar geloof is ook iets wat maklik onder skoot kom as dit begin moeilik gaan. Geloof word ernstig deur die storms van die lewe aangevat. Dink net weer aan die verhaal van Jesus en sy dissipels op die See van Galilea. Hoe die dissipels bang geword het vir die branders wat in die boot gebreek het. Hulle was bang hulle vergaan, en hulle was baie ontsteld dat Jesus agter in die boot rustig geslaap het (Matt 8).

Toe hulle Jesus wakker maak, het Hy hulle egter aangespreek vir hulle klein geloof, dat hulle Hom nie kon vertrou dat Hy vir hulle binne die gevaar sal kan bewaar nie. Dit is juis een van die funksies van geloof, om ons in moeilike tye staande te hou as dinge moeilik begin raak.

Geloof is dus iets wat moet groei, wat sterker moet word, wat die aanvegtinge van die lewe moet kan teenstaan, wat die storms van die lewe moet kan trotseer.

Maar dit kan ons net doen as ons gefokus is daarop om in geloof te groei.

Hoe bou ons ons geloof?

Download the English translation: Build your faith – 2 Peter 1.docx

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingBou jou geloof – 2 Petrus 1:1-11

Klou vas aan die lewe na die dood – 1 Tessalonisense 4:13-18

Is daar hoop?

Kurt Vonnegut het ‘n boek geskryf, Cat’s Cradle. John, die hoofkarakter, beplan ‘n boek oor die dag dat die wêreld eindig. Terwyl hy besig is met sy navorsing kom John op ‘n hoofstuk in ‘n boek af met die titel: “What Can a Thoughtful Man Hope for Mankind on Earth, Given the Experience of the Past Million Years?” Dit neem John nie lank om die hoofstuk te lees nie, want dit bestaan uit net een woord: “Nothing”, gevolg deur ‘n punt.

Die boek beskryf die gevoel wat baie mense vandag het. Daar is geen hoop op die langtermyn nie. “Nothing”. Oor die onmiddellike toekoms kan mens dalk optimisties wees. Maar op die langtermyn lyk dinge bleek. Daar is geen hoop nie.

Is ons uitgelewer aan die noodlot?

‘n Inskripsie in ‘n grafkelder in die stad Tessalonika illustreer hoe dié hooploosheid nie net ‘n moderne gevoel is nie. Min mense in die heidense bevolking van die stad het enige hoop vir ‘n lewe anderkant die graf gehad. So staan dit geskryf:

Vanweë haar besondere geaardheid en aangename persoonlikheid, het haar toegewyde eggenoot, Eutropos, hierdie grafkelder vir haar gebou. Dit is ook vir homself, sodat hy later ‘n plek sal hê waar hy saam met sy geliefde vrou kan rus. Dit is vir wanneer hy die einde van die lewe bereik op die tyd wat die noodlot onafwendbaar vir hom voorberei het.

Eutropos se enigste hoop vir na die dood is om saam met sy vrou begrawe te word in die familie se grafkelder.

Wat maak ons met die dood?

‘n Hele paar van ons gemeentelede is die afgelope tyd gekonfronteer met die finaliteit van die dood. ‘n Eggenoot en ma wat nog in die fleur van haar lewe was. ‘n Pa en oupa wat verlos is van ‘n lang lyding. ‘n Ma en ouma wat oorlede is.

En dit pas in die breër prentjie van die geweld in ons land. Ons paaie word op plekke “no-go-zones”. Een van ons gemeentekinders het dit onlangs aan sy lyf gevoel in die Kaap. En talle mense is die afgelope tyd vermoor. In die Wes-Kaap is daar boere wat nie meer op hulle plase woon nie. Dit het net te gevaarlik geword.

Daar is ook dinge wat met ons gebeur wat voel soos die dood. Die afskaling in ons leraarsposte weens finansiële redes.

Wat maak ons met die dood? Wat maak ons met die wanhoop wat intree as ons met verganklikheid en aftakeling gekonfronteer word?

As Paulus hieroor skryf dan praat hy interessant genoeg oor die wederkoms.

Download English translation: Cling to life after death – 1 Thessalonians4_13-18.docx

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingKlou vas aan die lewe na die dood – 1 Tessalonisense 4:13-18

Uitgestelde verwagting leer ons volhard – Handelinge 1:1-11

Uitgestelde verwagting

Kinders wat kan wag op beloning, doen beter op skool en vaar oor die algemeen beter in die volwasse lewe wat wag.

Hierdie beginsel is deur Walter Mischel van Stanford Universiteit bewys in ‘n eksperiment wat in 1970 met vierjariges gedoen is – iets wat nou ook al in TV advertensies gebruik is. Hy het ‘n vierjarige alleen in ‘n vertrek gelaat met ‘n malvalekker (“marshmellow”) en ‘n klokkie. Indien die kleinding die klokkie lui, kom Walter dadelik terug, en die kind eet die malvalekker. Indien die kleinding kon wag dat Walter uit eie keuse terugkom, kry hy of sy ‘n ekstra lekker.

In video’s van die eksperiment, kan jy die kinders sien wriemel, wikkel, bene swaai, hulle oë toedruk, en op hulle hande sit. Hulle is desperaat om selfbeheersing toe te pas.  Hulle wil meestal regtig wag om liewer twee lekkers te kry. Hulle optrede het sterk verskil. Sommige kon nie uithou nie, en het die klokkie binne ‘n minuut gedruk. Ander kon tot 15 minute uithou.

Die kinders se verdere ontwikkeling is deur die navorser opgevolg. Diegene wat langer kon wag, het hoër punte op skool behaal. Hulle het toelating tot beter opvoedkundige inrigtings verkry, en het meer as volwassenes bereik. Die kinders wat die klokkie die gouste gelui het, het ‘n hoër persentasie boelies opgelewer. Hulle is tien jaar later swakker deur ouers en onderwysers geëvalueer, en was teen ouderdom 32 meer geneig om dwelm verwante probleme te hê.  Dit was ook opmerklik dat die teenwoordigheid van ’n vader-figuur ’n beduidende rol gespeel het in die vermoë om te kan wag – waar gesinne dus albei ouers gehad het, het kinders beter gedoen.

Walter Mischel se gevolgtrekking is dat kinders moet leer dit is beter om vir die toekoms te werk, voor te berei en op te offer, eerder as om vir onmiddellike bevrediging van behoeftes te lewe.

Die toekoms is belangriker as wat mens in die hitte van die oomblik mag besef.

English Translation: Deferred expectation teaches us to persevere – Acts 1

Skriflesing (more…)

Continue ReadingUitgestelde verwagting leer ons volhard – Handelinge 1:1-11

Jy het ‘n plek – Efesiërs 2-3

Maarten Luther het baie keer in ‘n lesing van die gesprek met studente oorgegaan in gebed. Sy gesprekke was altyd in die teenwoordigheid van God. Daarom was sy gebede so spontaan deel van sy gesprekke.

Ons sien dit ook by Paulus in die eerste hoofstuk van sy brief aan die Efesiërs. Hy begin met ‘n gesprek met die gemeente wat uitmond in ‘n gebed. In dié gesprek loof hy God die Vader vir al die seëninge van die Gees wat daar in Christus Jesus aan ons gegee is (Ef 1:3-14). In sy gebed bid hy dat die gemeente van Efese God werklik sal kan ken (Ef 1:15-23).

Hy volg dié patroon ook in hoofstuk twee en drie. Hy maak vier kern stellings in sy voortgaande gesprek met hulle en sluit dit af met een van die mooiste gebede in die Bybel.

Download English translation: You have a place – Ephesians 2-3 (more…)

Continue ReadingJy het ‘n plek – Efesiërs 2-3

Prepare yourself – Luke 2:25-35

Make-up routine

I am fascinated by my wife’s make-up routine every morning.

My son just wakes up, showers, get dressed, eats what I have prepared for him, and leaves for work. Quick. Hair shaven with a size four, so he is always ready for the day.

It is more or less what I do as well, although I have to make breakfast, so it takes me a bit longer. And I do not use a size four, there is too little hair left!

But my wife, she goes through that whole routine that many women go through every morning. Eight steps:

  1. Step 1: Moisturize or apply a primer. …
  2. Step 2: Fill in brows. …
  3. Step 3: Apply foundation. …
  4. Step 4: Cover dark spots with concealer. …
  5. Step 5: Add eyeshadow. …
  6. Step 6: Finish off the eye look with liner. …
  7. Step 7: Add blush to the apples of the cheeks. …
  8. Step 8: Apply highlighter.

Ladies, do you know what I am talking about? And the result? To die for! I love my wife. More than anybody else.

Get your things ready, boys, the boss may come today

But preparation can actually be much more than to get ready for your day. Preparation can be life-saving. As the saying goes:

“By failing to prepare, you are preparing to fail.”

While on one of his expeditions to the Antarctic, Sir Ernest Shackleton had to leave some of his men on Elephant Island. Whilst on his way to pick them up, he was delayed, and by the time he could go for them he found that the sea had frozen over and his men were cut off.

Three times he tried to reach them, but his efforts ended each time in failure. Finally, with his fourth and last effort, he found a narrow channel through the ice.

Guiding his small ship back to the island, he was delighted to find his men not only alive and well, but all prepared to get aboard. They were soon on their way to safety and home.

After the excitement ended, Sir Ernest inquired how it was that they were ready to get aboard so promptly. They told him that every morning their leader rolled up his sleeping bag, saying,

“Get your things ready, boys, the boss may come today.”

Preparing to be led by the Spirit

It is the same in the spiritual life. To be led by the Holy Spirit, the third person of the Trinity, you have to prepare for his presence. We will do well if we live by that motto in our spiritual lives: “Get your things ready, boys and girls.”

But not because the boss may come today. Rather, because the Spirit may come today. Because He wants to lead us. He is the one that is with us, and in us, and wants to guide us into the life that God has for us.

Let us read the story of Simeon in Luke 2:25-35 (more…)

Continue ReadingPrepare yourself – Luke 2:25-35

Bly by My – Lukas 2:25-40

‘n Seuntjie vra sy ma eendag waarom sy so ‘n paar grys hare het. Sy antwoord dat elke grys haar kom van iets wat hy verkeerd gedoen het. Hy knik so ingedagte en sê: “Nou verstaan ek, dit is hoekom ouma heeltemal grys is!”

Daar is egter ‘n ander grysheid wat nog meer besonders is. ‘n Grysheid wat ‘n teken is van wysheid, nie van spanning of ‘n gebrek aan melanien nie.

Die spreekwoord sê: “Sy is grys.” Daarmee bedoel ons glad nie dat daar ‘n grys haar op haar kop is nie. Net dat sy wys is ver bó haar jare.

Dit is wat Spreuke ook sê:

“Grysheid is ’n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.” (16:31).

Grysheid is nie ‘n ouderdom nie. Dit is ‘n toestand. Dit is ‘n manier van leef. Dit word gevind op die weg van geregtigheid. Dit is die wysheid wat begin by die ontsag vir die Here. Dit is die wysheid wat weet dat die enigste manier van leef wat sin maak, is om by die Here te bly.

Kom ons lees van twee sulke grys mense. Mense wat die wysheid ten toon stel van ‘n lewe by die Here.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: (more…)

Continue ReadingBly by My – Lukas 2:25-40