Blancogemeente in George het my in 2017 genooi om Pinkster te hou oor die brief aan die Galasiërs. Groot was my opgewondenheid toe ek agterkom dat die sentrale boodskap van die Reformasie rondom die vyf solas duidelik in die brief van Galasiërs ingebed lê:
Daarom het ek dit as uitgangspunt gebruik vir die prediking vir Pinkster 2017 soos in my preektemas hieronder gesien kan word. My gebed is steeds dat ons almal saam Paulus se boodskap goed sal hoor. Daar is geen ander evangelie nie. Solum Euangelium.
GALASIËRS 1 – Geen ander evangelie– Solum Euangelium
GALASIËRS 2 – Christus leef in my– Solus Christus
GALASIËRS 3 – Ons is kinders van God deur geloof– Sola Fide
GALASIËRS 4 – Ons is kinders van die belofte– Sola Scriptura
GALASIËRS 5 – Ons leef deur die Gees– Sola Gratia
GALASIËRS 6 – Ons dra mekaar se laste– Soli Deo Gloria
Jy kan my boekie hier aflaai wat ek daar gebruik het.
Jy kan ook die bydrae: Geen Ander Evangelie – Paulus se brief aan die Galasiërs hier aflaai wat ek vir Goudland se sinode voorberei het by hulle konferensie oor hermeneutiek in 2018.
Hier is ook my bydrae oor die hermeneutiek: Hoe verstaan ek wat ek lees in 2018.