Pinkster 2018 – Wanneer kom die reën?

Die tema van Pinkster 2018 in die gemeente NGK Somerstrand was ‘n metafoor vir die vraag na die vervulling van God se beloftes – letterlik en geestelik. Wanneer kom die reën?

Hier is die preke van dié reeks. Daar is ook ‘n klankbaan by elke preek.

Pinkster 2017 – Geen ander evangelie

Blancogemeente in George het my in 2017 genooi om Pinkster te hou oor die brief aan die Galasiërs. Groot was my opgewondenheid toe ek agterkom dat die sentrale boodskap van die Reformasie rondom die vyf solas duidelik in die brief van Galasiërs ingebed lê:

Daarom het ek dit as uitgangspunt gebruik vir die prediking vir Pinkster 2017 soos in my preektemas hieronder gesien kan word. My gebed is steeds dat ons almal saam Paulus se boodskap goed sal hoor. Daar is geen ander evangelie nie. Solum Euangelium.

GALASIËRS 1 – Geen ander evangelie– Solum Euangelium
GALASIËRS 2 – Christus leef in my– Solus Christus
GALASIËRS 3 – Ons is kinders van God deur geloof– Sola Fide
GALASIËRS 4 – Ons is kinders van die belofte– Sola Scriptura
GALASIËRS 5 – Ons leef deur die Gees– Sola Gratia
GALASIËRS 6 – Ons dra mekaar se laste– Soli Deo Gloria

Jy kan my boekie hier aflaai wat ek daar gebruik het.

Jy kan ook die bydrae: Geen Ander Evangelie – Paulus se brief aan die Galasiërs  hier aflaai wat ek vir Goudland se sinode voorberei het by hulle konferensie oor hermeneutiek in 2018.

Hier is ook my bydrae oor die hermeneutiek: Hoe verstaan ek wat ek lees in 2018.

Pinkster 2016 – die krag van gebed

websliderPinkster2016

(Laai pdf hier af: Die krag van gebed – sewe Psalms vir Pinkster.pdf)

Pinkster 2012 – In Gesprek met God

Pinkster2012Die Bybel moet ons lewe vorm.  Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees.  Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.

Hierdie reeks gaan jou leer hoe om dit prakties in te oefen.

Ek het dit in 2012 in die gemeente van Somerstrand aangebied en stel dit nou wyer beskikbaar.  Predikante kan dit gebruik om ‘n eie reeks vir Pinkster saam te stel.  Kleingroepe kan dit gebruik om oor sewe weke hulle in te oefen in die gesprek met God.

Dit bestaan uit ‘n deelnemersgids wat jy hier kan aflaai,

sowel as sewe preke – in Word en PowerPoint (met ‘n liturgie en liedere) formaat – wat jy hier kan aflaai:

  1. Om God te beleef – Hand 8:26-40 – lectio divina – Word || PowerPoint
  2. Om tot rus te kom – Jesaja 30:8-18 – silencio – Word || PowerPoint
  3. Om te luister – Openbaring 10 – lectio – Word || PowerPoint
  4. Om te ontvang – 1 Konings 3:2-15  – meditatio – Word || PowerPoint
  5. Om met God te praat – 1 Konings 19  – oratio – Word || PowerPoint
  6. Om God te geniet – Filippense 4:2-9 – contemplatio – Word || PowerPoint
  7. Om vir God te leef – Psalm 40 – Sondagoggend 27 Mei 09:00 – incarnatio – Word || PowerPoint