Hier is ‘n beskrywing van sewentien van die boeke waarvan ek skrywer of medeskrywer is (drie daarvan is vertalings). Jy kan op die skakels klik en dit vir jou aanskaf (of aflaai). Die nuutste is die Twaalf Klein Profete.
-
Die Twaalf Klein Profete>>>'n Bybelstudie oor die betekenis en boodskap van die Klein Profete vir vandag
-
Wie is God? >>> ’n Kompakte gids van 52 geloofsvrae met kort en kragtige antwoorde.
-
Wat glo jy? - 52 antwoorde op kinders se vrae oor God, Christus, geloof en die Gees.
-
Jesus-verhale van menswaardigheid >>> Uit Jesus se interaksie met mense leer ons meer oor respekteer, luister, omarm en liefhê. Ons het altesaam agt Jesus-verhale oor hierdie vier waardes gekies, twee oor elke waarde. Die negende verhaal is die oorkoepelende Jesus-verhaal van menswaardigheid – Jesus was sy dissipels se voete. Saam inspireer hierdie nege verhale ons om Jesus se voorbeeld in ons lewe na te volg en almal met menswaardigheid te behandel.
-
Loop Saam >>> Hierdie boek begelei kruisgroepe op ’n reis van saamloop met mekaar én oor grense heen loop. Want wanneer ons oor grense na mekaar uitreik en vir mekaar omgee, leer ons om mekaar met respek en liefde te hanteer. En dán sal die menswaardigheid van ons land se mense herstel word.
-
Walking Together >>> This book will help you to develop a community of sustainable friendships and to live according to the values of the Season of Human Dignity – respect, listen, love and embrace.
-
Maak Kontak >>> In hierdie boek gee Chris van Wyk 20 leidrade wat gemeentes en groepe kan volg om kruiskulturele kontak te bevorder en dit op ʼn verantwoorde manier aan te pak.
-
God praat - leef luisterryk (groepe) >>> Die gespreksboek vir groepe is ‘n hulpmiddel vir mense om na mekaar te luister. Die metodiek van ‘n luistersiklus word verduidelik. Dit bestaan uit drie groot bewegings – rus, hoor en leef.
-
God praat - leef luisterryk (Begeleiers) >>> Hierdie boek is vir begeleiers wat Bybelstudie- klein- en selgroepe aan die luistersiklus wil bekendstel.
-
Gevorm deur die kruis: Navolgers van Christus Jesus se selfontlediging >>> Hoe lyk jou geloofslewe? Watter “rigting” het jy ingeslaan? In Gevorm deur die kruis lei die skrywers individue en kleingroepe om aan die hand van Paulus se brief aan die Filippense selfondersoek te doen oor aspekte van jou lewe waar jy vernuwing nodig het te fokus op die lig wat God deur sy Woord en Gees vir jou bring en wat jou menswees kan verhelder, en God toe te laat om jou met Hom te vervul sodat jy met Hom verenig kan leef.
-
Barnabas: Reis saam met Barnabas, die bemoediger >>> ’n Voorbeeld van iemand wat sy arsenaal van gawes tot voordeel van die kerk en in diens aan die Here aangewend het. Hy illustreer vir ons hoe ’n Christelike lewenstyl werk.
-
Die vrou by die put: Stap saam met Jesus oor grense (Deelnemersgids) >>> Die skrywers van Die vrou by die put gebruik die verhaal wat in Johannes 4 opgeteken is – Jesus en die Samaritaanse vrou – as vertrekpunt om te sê: God het ons gemaak met die behoefte om in gemeenskap met mekaar te wees. God het ons geroep om vir ander te leef, maar dit beteken om waarlik by hulle teenwoordig te wees. En om waarlik by hulle teenwoordig te wees moet ons grense na hulle toe oorsteek. En dit is presies waarmee hierdie boek gelowiges help.
-
Die vrou by die put: Stap saam met Jesus oor grense - (Leiersgids) >>> Verhoudings is die plek waar ware gemeenskap gebeur. Ons menswees kom ten volle tot reg wanneer ons in positiewe, waarderende omgee-verhoudings met ander leef. Telkens wanneer ons in gemeenskap en versorging na mekaar uitreik, gee dit sin en betekenis aan ander se lewe én aan ons eie lewe. Maar om na ander te kan uitreik, moet ons bereid wees om grense na hulle oor te steek. Stap daarom vandag saam met Jesus oor grense deur hierdie ses studies oor die ontmoeting tussen Hom en die Samaritaanse vrou by die put – en begin leef só waarlik vir ander en in gemeenskap met ander.
-
The woman at the well: Walk with Jesus beyond boundaries >>> John 4 – Jesus and the Samaritan woman – is the point of departure to say: God called us to live for others. This means to be really present in other’s lives, to go beyond bounderies and to cross the many divides. This is exactly what this book will help believers with..
-
Bid of baklei? 'n Nuwe verstaan van geestelike oorlogvoering >>> Geestelike Oorlogvoering is volgens die skrywer: "om vir God en die geloof in Hom te leef en te stry." Die Bybelse model van geestelike oorlogvoering kan getipeer word as in die eerste plek ‘n “VIR”-model. Daarmee word bedoel dat dit primêr ‘n positiewe ingesteldheid bevorder: vir God, vir geloof, vir gelowiges, vir diens, vir getuienis ensovoorts. Op ‘n sekondêre vlak is daar uiteraard ook dinge waarteen gewaak moet word en waarteen gestry moet word. Maar selfs in die wyse waarop hierdie sekondêre sake aan die orde gestel word, blyk die primêre positiewe hoopvolle vertrouenskarakter van die evangelie.
-
Belydenis Van Belhar - In Gesprek Met Mekaar >>> Hierdie hulpmiddel is geskep om die Belydenis van Belhar aan die hand van 5 geloofsonderskeidende vrae te bespreek: 1. Wie is God? 2. Wie is ons in Christus? 3. Vir wie maak God ons ’n naaste? 4. Hoe gebruik God ons in hierdie wêreld? 5. Wat vra God nou van ons?
-
The Belhar Confession - In Conversation With One Another >>> This book uses five spiritual discerning questions to help you discuss the meaning of the Confession of Belhar: 1. Who is God? 2. Who are we in Christ? 3. For whose benefit does God create us to be a neighbour? 4. How does God use us in this world? 5. What does God now ask of us?